Hoe Ken Ek God se Wil?Voorbeeld

How Do I Know God’s Will?

DAG 2 VAN 5

Die Bekende Wil van God

Vandag gaan ons God se Bekende Wil bespreek. 'n Paar Skrifgedeeltes in die Bybel leer ons presies wat dit beteken om God se wil te doen. 

  • "Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar ..." (1 Tessalonisense 5:16-18).
  • "Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat" (1 Petrus 2:15).
  • "... Weerhou julle van onsedelikheid" (1 Tessalonisense 4:3).

Dit lyk asof dit 'n vreemde mengsel van riglyne is om te volg, nie waar nie? Wees bly, bid gedurig, wees dankbaar, doen goed, en moenie seksueel losbandig wees nie. Daar is sekerlik meer van God se wil as dit? 

Ons vind baie opdragte in die Woord van God. Hier is sommige daarvan:

  • "Jesus antwoord hom: 'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: jy moet jou naaste liefhê soos jouself'" (Matteus 22:37-39).
  • "Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede ..." (Efesiërs 4:29).
  • "... Jy mag nie moord pleeg nie ..." (Matteus 5:21).
  • "... moenie vir mekaar lieg nie ..." (Kolossense 3:9).
  • "Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes ..." (Lukas 12:33).
  • "Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander" (Filippense 2:4).

Dit is algemeen vir volgelinge van Christus om groot vooruitgang in die koninkryk van God te wil maak. Ons wil die wêreld verander, maar beskou dit nie as baie belangrik om ons deel van die wêreld te verander nie, wat nog van onsself. Ons raak gefokus op die wil van God wat vir ons onbekend is en stoot die bekende wil van God eenkant toe. Die onbekende wil van God is vir ons baie opwindender en glansryker. Die bekende wil van God, wat vele moets en moenies insluit, blyk vervelig en eentonig te wees. Ons wil weet wat Hy môre vir ons beplan, maar is vandag aan Hom ongehoorsaam. 

Wat as ons ons begeerte om God se wil te ken, eerder daarop rig om die dinge te doen waarvan ons werklik weet? Ons mag dalk nie die pad vorentoe ken wat ons loopbane betref nie, maar ons weet dit is God se wil vir ons om ander vandag te help. Ons mag dalk nie weet wie ons lewensmaat in die toekoms gaan wees nie, maar ons weet dat dit God se wil vir ons is om nou vir alles dankbaar te wees. Ons weet beslis ook nie wat ons finansiële situasie oor 15 jaar sal wees nie, maar ons weet dit is God se wil vir ons om nou met ons tyd en hulpbronne vrygewig te wees. 

God soek mense wat getrou is. Eerstens getrou in die klein dingetjies. Kom ons wees liefdevolle, goedgesinde, vrygewige, eerlike en dankbare mense, want dit is die klein, blykbaar gewone dinge in die lewe wat ons 'n blik op God se groter plan gee. Dit is dikwels die voltooiing van gewone take wat tot buitengewone resultate lei.

Oordink

  • Neig jy om na God se wil te kyk in 'n glansryker sin en nie in die dag-tot-dag lewe nie?
  • In watter een area van jou lewe wat onder God se bekende wil val, moet jy gehoorsaam wees?

Aangaande hierdie leesplan

How Do I Know God’s Will?

Wat is God se wil? Ons almal het al op een of ander stadium in ons lewens daaroor gewonder. Soms is ons verlam terwyl ons wag om te weet wat dit is. Die Bybel is ons gids om meer oor hierdie onderwerp te verstaan. Ons sal verskillende aspekte van God se wil in hierdie 5-dag leesplan bespreek.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.