Leesplan inligting

Wees Versigtig Waaroor Jy DinkVoorbeeld

Think About the Things You Think About

DAG 4 VAN 7

Dink Oor Jou Emosionele Reaksies



Weet jy wat 'n emosionele sneller is?



Dit is wat mens 'n spesifieke emosie noem wat 'n onmiddellike reaksie veroorsaak — sonder om eens daaroor te dink. Soos wanneer 'n persoon die sneller van 'n geweer trek en 'n patroon kom uit. Daar is nie 'n onderbreking nie; dit gebeur dadelik.



Byvoorbeeld: As jy 'n klein wollerige katjie sien en jou emosionele sneller van skattigheid laat jou jou kop draai en "Awwwww" sê. Dit is 'n prettige emosionele sneller!



Om egter 'n klomp emosionele snellers toe te laat om jou lewe te beheer kan baie vinnig baie rof raak!



Nog 'n voorbeeld: jou klein boetie vernietig die projek waaraan jy die hele naweek gewerk het en wat jy vanoggend moes skool toe vat! Jy mag dalk 'n emosionele sneller van woede ervaar wat veroorsaak dat jy te kere gaan met lelike woorde en ander onvriendelike dade. Hierdie soort sneller? Jy gaan daaraan moet werk om 'n onderbreking te neem tussen wanneer jy kwaad raak en wat jy volgende doen.



Kyk na Judo Bob. Hy sal dit beter verduidelik!




Sien jy? As Judo Bob kan leer om 'n onderbreking te neem tussen sy gevoelens en sy aksies, kan enigiemand!



Hy het 'n klomp goeie goed gesê om jou te help om jou emosies te beheer. Hier is hulle weer sodat jy hulle kan oefen! Hulle sal jou help om stadiger te reageer en om Christus te gehoorsaam en nie jou gevoelens nie.




  1. Moenie onmiddellik reageer nie. (Staan stil. Haal diep asem.)

  2. Vra vir Goddelike leiding (Bid! Vra vir God om jou te wys hoe om te reageer.)

  3. Kry 'n gesonde manier om ontslae te raak van jou emosies. (Gaan stap, skryf in jou joernaal, praat met iemand wat jy vertrou, luister na aanbiddingsmusiek, ens.)

  4. Sien die groter prentjie? (Wenk: Dalk neem jy dinge te persoonlik op)

  5. Verander waaroor jy dink. (Wenner, wenner! Filippense 4:8 het hier vir jou 'n antwoord!)

  6. Maak jou los van jou emosionele snellers. (Dink: Ek is nie iemand wat in woede reageer nie. Gaan terug na Judo Bob se punt nommer 1.)


Vra jouself af: Watter een van die ses stappe hier bo sal my help om beheer te neem oor my emosies? Met watter een van die ses stappe is ek goed?



Daag jouself uit: Reg, dit is dag 4 van hierdie leesplan en jy kan heel moontlik raai wat vandag se uitdaging is. Jip, dit is tyd dat jy jou joernaal gryp en een ding neerskryf wat vandag gebeur het of wat jy vandag gesien het waarvoor jy dankbaar is. Skryf dit neer by vandag se datum.



Bid: Vader, dankie dat U my help om my emosies te beheer in plaas daarvan om te reageer op elke gevoel wat 'n reaksie by my uitlok. Help my om beter en beter te word om 'n onderbreking te neem tussen wat ek voel en wat ek gaan doen of sê. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Think About the Things You Think About

Word jy ooit wakker en dan is jy in 'n slegte bui? Of het jy 'n emosionele uitbarstings? Val jy in die strik van haarklowery oor elke klein foutjie wat jy dink jy het? Ugh. Dit is nie pret nie. God wil egter nie hê ons m...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid