Leesplan inligting

Wees Versigtig Waaroor Jy DinkVoorbeeld

Think About the Things You Think About

DAG 2 VAN 7

Nee, Rêrig — Dink oor Hierdie Dinge!



Voor ons te ver met hierdie leesplan vorder, kyk na hierdie video om te sien waaroor ons hoofvers regtig gaan. (Nota: Hierdie video maak gebruik van die NLV weergawe van die Bybel. Jy sal dit dalk ook wil gebruik vir hierdie leesplan).




Nou ja, is al jou gedagtes die moeite werd om oor te dink? Gebruik die "dink oor Jesus"-toets! Is jy oormatig sarkasties? Voortdurend aan die kla? Of het jy sommer net met 'n slegte ingesteldheid wakker geword? Dink na oor Jesus. Hy wil hê ons moet liefdevol en dankbaar wees. Dit is eerbaar en rein! Pas jou gedagtes hierby?



En haai — dalk is jou gedagtes vir 'n goeie rede negatief oor ander of oor jou lewensomstandighede. Dalk sukkel jy met kwade gedagtes oor iemand wat regtig ongeskik is. Dalk is jy vasgevang in hartseer oor iets slegs wat met jou gebeur het. Is jy veronderstel om eenvoudig gevoelens te ignoreer wat nie as "lieflik" beskryf kan word nie?



Glad nie. Jesus het gely toe Hy 'n mens was wat op die aarde geleef het. Hy het swaar gely en Hy het daardie lyding hanteer sonder om daardeur oorwin te word. Hy het oor sy gevoelens tot God gebid. Hy het sy Vader in die hemel gevra om Hom te help. Jesus het ook gebid dat die Vader se wil sal geskied en nie sy eie nie. Ons kan dus ook! Ons kan dit alles in gebed met God bespreek. Ons kan volwassenes kry wat ons vertrou om mee te praat as ons gevoelens vir ons te veel raak om te hanteer.



Dan kan ons met behulp van God se wysheid ophou om slawe te wees van negatiewe, skadelike of pynlike gedagtes wat alles uit ons wil wurg wat regtig goed, waar, lieflik en prysenswaardig om ons is. Ons kan soos Jesus wees! Ons kan met sy hulp ons moeilike emosies hanteer. Ons kan soek na dinge in ons alledaagse lewe waarvoor ons Hom kan loof.



Vra jouself af: Beheer my negatiewe gedagtes en emosies ooit my houding? Raak 'n slegte oomblik baie maklik 'n slegte dag? Met wie kan ek hieroor praat? Hoe kan ek my frustrasies en pyn na God toe bring en na mense toe wat ek vertrou sodat ek kan gesond word?



Daag jouself uit: Dit is weer tyd vir 'n joernaalinskrywing! Wat is die een ding wat vandag goed, prysenswaardig of uitstekend was? Dit moet van vandag wees en jy kan nie dieselfde ding as gister skryf nie. Skryf dit neer by vandag se datum.



Bid: Vader, dankie dat U verstaan dat dit soms moeilik is om nie deur negatiewe emosies oorweldig te word nie. Dankie dat U my help om 'n manier daaruit te kry. Dankie dat U altyd iets in my lewe plaas waarvoor ek dankbaar kan wees. Dankie — vir U! In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Think About the Things You Think About

Word jy ooit wakker en dan is jy in 'n slegte bui? Of het jy 'n emosionele uitbarstings? Val jy in die strik van haarklowery oor elke klein foutjie wat jy dink jy het? Ugh. Dit is nie pret nie. God wil egter nie hê ons m...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid