Leesplan inligting

KrygsmanVoorbeeld

Warrior

DAG 4 VAN 6

Die Moed van 'n Krygsman



"Moed is nie die afwesigheid van vrees nie, maar eerder die waardebepaling dat iets anders belangriker is as vrees." - Franklin D. Roosevelt



As jy Jesus selfs net 'n klein rukkie volg, is jy waarskynlik bereid om te erken dat dit nie maklik is nie, en dat dit beslis nie altyd gerieflik is nie. 



Na ek en my vrou Alice al 'n paar jaar getroud was, het ons ons droomlewe begin inrig op 'n plek waarvoor ons lief was. Ek het 'n wonderlike werk gehad met voordele en baie groeigeleenthede. Alice het 'n florerende fotografie-onderneming opgebou. Ons het 'n lekker groot huis gehad, baie vriende en familie—maar toe hoor ons God onmiskenbaar sê: "Gaan".



Natuurlik was ons bang! Ek het grootgeword in die stad waarin ons gewoon het, en ons het albei ons loopbane gevind waarin ons gedink het ons suksesvol sou wees.  



Kon Alice haar besigheid na 'n nuwe staat verskuif? Hoe sou dit wees om van familie en vriende weg te trek? Gesonde verstand het gesê: "moenie gaan nie." Met die verloop van 'n paar maande het die aanhoudende aanmoediging van God egter sy plan bevestig— ons is geroep om te gaan. Ons het ons huis in die mark gesit, bedankings by die werk ingedien, en God het begin voorsien op maniere wat ons verstand te bowe gegaan het. 



Gideon het 'n soortgelyke verhaal gehad. 'n Engel van die Here het vir Gideon gesê dat God hom gekies het om die Midianiete, wat die Israeliete verdruk, te verslaan. Gideon was egter die jongste in sy familie, in die kleinste geslag, en Midian was veel groter en sterker as Israel. God het egter vir Gideon 'n "dapper man" genoem en hom daaraan herinner dat Hy by hom is. 



Net soos ek, was Gideon skepties, en het gevra dat die engel van die Here aan hom bewys dat die mag van God by hom was. Oomblikke later het die engel van God letterlik 'n vuur uit die brood en sous op die rots te voorskyn gebring.



Weet jy wat Gideon daarna gedoen het? 



Gideon het God aanbid, en toe in geloof vorentoe gegaan. Ek dink Goddelike moed is so. God wil sy onvolmaakte mense gebruik vir sy groot en volmaakte wil, en soms is dit intimiderend en vreesaanjaend. Ek het egter geleer dat vrees uit ons fokus op ons eie swakheid kom. Moed kom wanneer ons die beloftes en getrouheid van ons goeie God onthou en die fokus van onsself wegneem. Dit is eers dan wat ons met vertroue in geloof kan voortgaan.



Oordink:Wanneer het vrees jou verhinder om God se opdragte te volg? Watter moedige stap kan jy neem om Hom te gehoorsaam?



-Ben, vegtend teen vrees 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Warrior

Daar is iemand sterk, wild en vol moed in jou binneste wat gereed is om op te staan en te veg vir wat saak maak. Hierdie Life.Church Bybel Leesplan, sluit Pastoor Craig Groeschel se reeks Warrior, in, wat jou roep om jou...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid