Leesplan inligting

KrygsmanVoorbeeld

Warrior

DAG 2 VAN 6

Die Krygsman se Beweegrede



Ons kerk, Life.Church, werk saam met plaaslike kerke op plekke regoor die wêreld soos Malawië. Ek moes onlangs na hierdie pragtige, maar ekonomies verarmde land, bekend as “die warm hart van Afrika,” reis. 



Die hele reis was ongelooflik, maar ek moet jou net Leah se verhaal vertel. Sy woon naby Chitipa, wat so afgeleë is dat baie organisasies nie die moeite doen om daarheen te gaan nie.



Vier jaar voordat ons ontmoet het, het 'n vriendin uit haar kerk, vir Leah genooi om by 'n klein groepie met die naam "Lig" aan te sluit. Maar Leah was huiwerig om dit te doen. 



Om by die groep aan te sluit, sou sy elke week 'n bietjie geld tot die groep se spaarfonds moes bydra. Haar familie kon skaars kop bo water hou, hulle het nie eens geld gehad om hul kinders op te voed of herstelwerk aan die grasdak hul huis te maak nie. Tog het haar vriende haar oortuig om dit te probeer, en uiteindelik het sy dit gedoen. 



Wanneer die groep se fondse vir 'n paar maande opgehoop het, kon enige lid geld leen, dit gebruik om iets waardevols te doen en dit dan terugbetaal. Na 'n jaar word die fondse eweredig onder die groepslede verdeel en daarna begin dit weer van vooraf. 



Eers het Leah 'n klein bedraggie uit die spaarfonds geleen om suikerriet in grootmaat aan te koop. Sy het dit verkoop, die lening aan die fonds terugbetaal en geld oorgehad. 



Sy het begin glo dat sy dit kan doen.



Sy het weer begin droom. Sy wou nog altyd leer hoe om klere te maak, maar om vir die opleiding te betaal, was nog nooit moontlik nie, totdat sy by die spaarfonds geld geleen het. Met daardie geld kon sy betaal vir opleiding en 'n naaimasjien koop. 



Haar selfvertroue het weer gegroei. Leah het weer by die groep geleen om materiaal te koop, waarna sy klere gemaak het en ook 'n lekker wins. Met haar wins het sy vee vir haar gesin gekoop, hul dak vervang en 'n fiets gekoop waarmee haar man 'n vervoerdiens begin het.



Ek is seker dat nie een van ons besef hoeveel van 'n krygsman Leah moet wees nie. Laat ek jou iets vertel wat jy nie sal vergeet nie.



In Leah se dorp was skoon water 'n uitputtende staptog van twee ure ver.



Ongeveer twee maande voordat ons mekaar ontmoet het, het Leah met haar swaarverdiende geld persoonlik betaal om 'n boorgat in haar eie agterplaas te laat boor, sodat meer as 100 bure onbeperkte toegang tot skoon, lewegewende water kon hê.



Ons het almal 'n saak nodig om voor te veg. Leah se verhaal inspireer my om met my gesin te begin, maar nie net daar op te hou nie. Ek wil veg om mense van naby en ver toegang te gee tot wat hulle nodig het vir die lewe. 



Uitdaging: Waarvoor veg jy? Veg jy vir iets benewens jouself? Enigiemand buite jou gesin? Hoe kan jy met ander saamwerk?



-Jeff, vegtend vir ander 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Warrior

Daar is iemand sterk, wild en vol moed in jou binneste wat gereed is om op te staan en te veg vir wat saak maak. Hierdie Life.Church Bybel Leesplan, sluit Pastoor Craig Groeschel se reeks Warrior, in, wat jou roep om jou...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid