Leesplan inligting

KrygsmanVoorbeeld

Warrior

DAG 6 VAN 6

Die Krygsman se Passie



Egte passie is nie roekeloos of huiwerig nie. Dit is 'n sterk en amper onbeheerbare begeerte om iets goeds te doen. Dit is iets waarvan ek niks in my vroeë 20's geweet nie. Ek was 'n sorgelose jong man wat net vir een ding omgegee het: myself. 



Ek het 'n lewe so ver van God gelei dat ek het nooit eens in 'n kerkgebou gekom het nie. Ongeveer daardie tyd het 'n medewerker met die naam Andy, my met uitnodigingskaarte na sy kerk begin nooi.



Daardie jaar het Andy my 52 keer kerk toe genooi. Elke keer het ek nee gesê of dalk 'n volgende keer en het die uitnodigings in die gleuf van my bakkie se sonskerm ingedruk. Andy was egter meedoënloos, passievol en oortuigend—en dit sou my lewe verander. 



Ek het gehuiwer. Daardie 52 weke was die donkerste tyd wat ek nog ooit in die gesig gestaar het. Ek was in die proses om my gesin te verloor as gevolg van die keuses wat ek gemaak het, en my prioriteite was ver van wat dit moes wees. Ek was nie raadop nie. Ek was ver verby daardie punt.



Op 'n dag het ek 'n ent gaan ry om my kop skoon te kry en na te dink wat ek uit die lewe wou hê. Op die regte oomblik het my sonskerm, wat al oorlaai was van Andy se uitnodigings na die Life.Church, ingegee—en ek ook. 



Binne 'n paar maande het ek Jesus en 'n paar goeie mense leer ken. Deur sy genade en vergifnis het ek 'n passie ontdek wat ek skaars kon beheer. Ek het nuwe lewe gekry. 



Uiteindelik het iets anderkant die goeie bedoelings in my lewe begin gebeur. Vandag is ek 'n liefdevolle eggenoot, betrokke pa en pastoor by Life.Church. My verhaal is nie kragtiger as joune nie. Jy is met passie en krag gemaak. Dieselfde Heilige Gees wat Jesus opgewek het, leef in elke volgeling van Jesus.



Sê nee vir aarseling en sê ja vir Jesus. Ontketen die passie in jou huwelik, jou kinders, jou kerk en jou gemeenskap. 



Moenie toelaat dat jou voornemens ophoop soos uitnodigings in die gleuf van 'n sonskerm nie. Hoe kan jy jou gawes, tyd, talente en liefde tot voordeel van ander begin gebruik? Vir wie kan jy in jou lewe, huis of kerk innooi? Ons is hiervoor gemaak!



Bid:God, help my om vir U en u plan in hierdie wêreld met passie lewend te word. Ek wil nie net in veiligheid die einde van my lewe bereik nie. Ek wil alles wat ek is, elke dag aan U gee. Amen.



Mitchel, vegtend met passie



Vind meer inspirerende verhale soos hierdie een.  


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Warrior

Daar is iemand sterk, wild en vol moed in jou binneste wat gereed is om op te staan en te veg vir wat saak maak. Hierdie Life.Church Bybel Leesplan, sluit Pastoor Craig Groeschel se reeks Warrior, in, wat jou roep om jou...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid