Leesplan inligting

KrygsmanVoorbeeld

Warrior

DAG 1 VAN 6

Die Krygsman se Geldigverklaring



Hierdie Bybelleesplan is vir mense soos jy, deur mense soos jy. Krygsmanne. Voel jy nie soos een nie? Wat sal gebeur met jou gesondheid, jou vriendskappe, jou gesin, jou werk en jou geloof wanneer jy ophou om alles te doen? Jy wil nie eens daaraan dink nie, né? Dis omdat jy elke dag vir daardie dinge veg. 



Jy is 'n krygsman.



Dag in en dag uit probeer jy hard om jou beste te wees. Maar hoe meet jy jou sukses? 



Wanneer jy so hard veg—vir jou gesin, jou geloof, jou werk—dan wil jy weet dat jou tyd die moeite werd is. Jy wil gaan slaap in die wete dat jy die regte besluite geneem het. Hoe meet jy dit egter? Wie kan sê dat jou bloed en sweet die moeite werd was? 



Ons wil almal hoor dat ons tyd in die gimnasium vrugte afwerp, dat ons baas die ekstra ure wat ons insit raaksien, en dat ons huweliksmaat van die nuwe motor hou waarvoor ons so hard gewerk het. Moet my nou nie verkeerd verstaan nie—hierdie waardering kan 'n mooi, lewegewende ding wees. Wat gebeur egter as dit ophou? 



Wat doen jy as die nuwe motor onklaar raak, wanneer jy nie meer komplimente oor jou liggaamsbou kry nie, of as jou baas net dink dat die lang ure die nuwe tendens is? Dit voel asof ons in die donker rondtas. Ons gaan onvermoeid voort, maar niemand let dit op of gee om nie.



Die probleem is nie dat daar nie meer bevestiging is nie, die probleem is waar dit vandaan kom. Ons het 'n sterker fondament nodig wat nie gaan verkrummel nie. Ons moet ons geldigverklaring by Iemand kry wat nooit verander nie. 



Daar is net Een. Hy is in ons, stap saam met ons en werk deur ons. Hy is Christus. Jesus. God. Heilige Gees. Hierdie drie-enige krag het passievol alles, insluitend vir jou, met 'n oorweldigende liefde en doel geskape. Wat sê Hy oor jou?



Miskien vertel Hy jou dat jy genoeg doen, want in jou swakheid is Hy sterk. Miskien herinner Hy jou daaraan dat jy 'n goeie pa is, selfs al verdien jy nie 'n groot salaris nie, want jy het jou gesin so lief soos Hy jou eerste liefgehad het. Miskien vertel Hy jou wat jou pa of ma nooit vir jou gesê het nie—dat Hy op jou trots is. 



Bid: God, wie sê U is ek? Wat dink U van my? Sal U my help om u hart vir my te ontdek? Amen.


-Tommie, mede-krygsman


Kry al die Krygsman-inhoud.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Warrior

Daar is iemand sterk, wild en vol moed in jou binneste wat gereed is om op te staan en te veg vir wat saak maak. Hierdie Life.Church Bybel Leesplan, sluit Pastoor Craig Groeschel se reeks Warrior, in, wat jou roep om jou...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid