Leesplan inligting

Nuwe Lewe In ChristusVoorbeeld

New Life In Christ

DAG 4 VAN 4

Hoe om My Nuwe Lewe te Leef



Vandag maak ons die 4-dag leesplan klaar, met 'n streng vermaning van die apostel Paulus, in Kolossense 3:17 — "En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom." 



Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) stel dit so: "Verder, doen al­les — of dit nou met woorde of dade is — in die Naam van die Here Jesus. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring."



Sjoe! Dis 'n moeilike opdrag, is dit nie? Dit kom effens onrealisties voor om te dink dat alles wat ons sê of doen in die Naam van Jesus moet wees. Verder, is voortdurende lofprysing en dankbaarheid enigsins moontlik? 



In plaas daarvan om te fokus op die allesomvattende woorde soos alles en elke, laat ons eerder 'n kopskuif maak. Kom ons dink nie aan wat ons nié kan sê of doen nie, en stel sekere kriteria daar om ons te lei. Soos ons elke dag aan hierdie dinge dink, eer ons God as ons dit in sy Naam doen. Ons moet onsself die volgende vrae afvra ...




  • Bou my woorde ander op of knak ek hulle gees?

  • Dien ek ander as ek 'n nood sien, of dink ek dis benede my waardigheid?

  • Toon ek deernis teenoor ander of gee ek nie om nie?

  • Vergewe ek, selfs al voel ek nie daarna nie?

  • Is ek lief vir mense, al is dit vir my 'n uitdaging?

  • Is ek vriendelik, selfs al is ander nie vriendelik teenoor my nie?

  • Is ek sagmoedig, selfs al is dit makliker om kras te wees?


Dis nie dat ons nie foute sal maak nie. Ons sal. En soms sal dit ons verhoudings versuur. Ons hoop is egter daarop gevestig dat ons woorde en dade met die gesag van Christus se werk in ons lewens sal ooreenstem. Ook dat ons sal begin om alles wat ons doen of sê in die Naam van Jesus doen en sê. 



Kom ons raak ontslae van die rommel wat ons vir so lank gyselaar gehou het, deur deernis, vriendelikheid, geduld, sagmoedigheid, nederigheid, vergifnis en liefde, te kweek. Kom ons raak ontslae van woede en boosheid wat ons harte verweer en laat ons dit vervang met dié dinge wat God van ons verlang. 



Soos wat ons hierdie keuses maak, laat ons God vra om vir ons harte te gee wat vol dankbaarheid is vir alles wat Hy vir ons doen. Mense wat met dankbaarheid lewe, het 'n onversadigbare vreugde wat aansteeklik is, vir almal met wie hulle in aanraking kom.



Oordink




  • Hou jy altyd in gedagte hoe goed God vir jou is as jy met ander mense te doen kry?

  • Wy elke oggend tyd saam met God en vra Hom om jou te wys hoe jy hierdie deugde daagliks in jou verhoudings kan uitleef.

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

New Life In Christ

As volgelinge van Christus, het ons 'n nuwe lewe in Christus. Maar wat beteken dit? In hierdie Leesplan sal jy leer wat 'n nuwe lewe in Christus is, hoe om die rommel uit jou lewe te kry deur Christelike kwaliteite te kw...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid