Leesplan inligting

Nuwe Lewe In ChristusVoorbeeld

New Life In Christ

DAG 2 VAN 4

Raak Ontslae Daarvan



Kolossense 3:5 (DB) begin met die frase "raak daarvan ontslae" en dit vra dat ons 'n klomp regtig afskuwelike goed moet afsterf. In die volgende paar verse word ons aangesê om op te hou om sondige dinge te doen, insluitende 'n verskeidenheid seksuele sondes, maar ook dinge soos woede, haat, kwaadpraat, vuil taal en leuens. Om op te hou om al hierdie slegte dinge te doen, net omdat ons bang is vir wat God aan ons kan doen, is nie hoe Hy dit sien nie. Ons moet te alle tye teen die sonde veg, want ons is net mense, maar dit is nie die doel van die Christelike lewe nie. Die doel is om Jesus te ken.



Ons moet die sonde, wat ons in sy greep wil vang, van sy mag ontneem. Hoekom? Omdat hierdie ou, sondige dade nie by ons nuwe lewe in Christus pas nie. Dis soos om 'n warm baadjie op 'n snikhete dag aan te trek — dis belaglik. Of om vir 'n pasgebore baba 'n biefstuk te gee — dis onsinnig. Die beskrywing van al die sondes in hierdie verse en ons nuwe lewe in Christus, pas net nie bymekaar nie. 



As gevolg daarvan moet ons keuses maak wat teen ons vleeslike begeertes indruis. Ons moet filters op ons elektroniese toestelle sit om ons te beskerm teen dinge wat in ons gedagtes kan vassteek. Ons moet by die wortel van ons woede uitkom en wegstap van situasies wat ons oorweldig. Ons moet ons gesprekke aanpas, sodat wat ons sê, lewe vir almal binne hoorafstand bring, en nie dood nie. 



Sommige mag dalk sê: "Dis baie wetties om te sê ons moet nie doen en sê net wat ons wil nie. In Christus is ek vry." Dis waar, ons is vry in Christus, maar as ons te veel van enigiets toelaat, goed of sleg, beweeg ons stadigaan van vryheid na slawerny. Dit is nie wetties om voorsorg te tref om ons te beskerm en die sonde in ons lewens uit te skakel nie. Dit is goeie oordeel en gesonde wysheid. 



Die feit van die saak is, as ons Hom volle beheer oor ons lewens gee, dit tot ons voordeel is. Hy verwag nie dat ons sonder rede ou gewoontes en probleme verwyder nie. Nee, Jesus begeer 'n vol en ryk lewe vir ons. Hy wil hê dat niks — geen probleem, verslawing, vrees, bekommernis, niks — ons daarvan sal weerhou om ons nuwe lewe in Christus uit te leef nie.  



Oordink




  • As ek nie nuwe lewe kan spreek nie, wat keer my?

  • As ek aanhou sonde doen, waarvan raak ek nie in my lewe ontslae nie, wat my in 'n bose kringloop hou?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

New Life In Christ

As volgelinge van Christus, het ons 'n nuwe lewe in Christus. Maar wat beteken dit? In hierdie Leesplan sal jy leer wat 'n nuwe lewe in Christus is, hoe om die rommel uit jou lewe te kry deur Christelike kwaliteite te kw...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid