Leesplan inligting

Nuwe Lewe In ChristusVoorbeeld

New Life In Christ

DAG 1 VAN 4

Nuwe Lewe



Wanneer ons besluit om Jesus te volg, word ons opgewek na 'n nuwe lewe in Christus. Wat presies behels dit? Die Afrikaanse Bybel vir Almal (ABA) se vertaling van Kolossense 3:1 sê: "God het vir Christus weer laat lewe en God het ook vir julle weer laat lewe saam met Christus." Wat dit beteken is dat deur Jesus se dood aan die kruis en opstanding uit die dood, is ons opgewek tot 'n nuwe lewe in Christus as ons vir Hom ja sê. 



Dis dalk verwarrend en moeilik om te verstaan, maar dit hoef nie so te wees nie. Jesus het gekom en gesterf om die sonde te bedek van almal wat al ooit gelewe het — dis ons — en as ons ons lewens vir Hom gee en besluit om Hom te volg, kry ons 'n nuwe lewe in Hom.



Hier is twee gedagtes om jou te help verstaan wat 'n nuwe lewe in Christus behels:



Verskuif jou fokus.

As ons ja sê vir Jesus, is ons ou lewe verby, nie waar nie? Nee, nie altyd nie. Dit wat ons van nature doen, is die dinge waarmee ons vertroud is en wat ons op daardie oomblik goed laat voel. Ons emosies is dikwels ingestel op die tydelike vreugde en hartseer van die wêreld. Tog het God meer vir ons in gedagte! Ons moet ons deel doen en ons oë op Jesus gerig hou, sodat die laste en stryd in hierdie wêreld ons nie gedurig van ons nuwe lewe beroof nie.



Maak Hom jou lewe.

Die eerste gedeelte van Kolossense 3:4 sê: "Wanneer Christus, wat julle lewe is ..." Te dikwels is dit nie waar van ons nie. Jesus is dalk 'n deel van ons lewens, maar Hy is nie ons lewe nie. Eintlik vra ons Jesus om ons Verlosser te wees, wat ons toelaat om die ewigheid by Hom deur te bring, maar ons is nie heeltemal seker of Hy ons Here moet wees en elke aspek van ons lewens op aarde beheer nie. 




  • Hy woon net in 'n gedeelte van ons gedagtes, maar ons laat Hom nie toe om Here oor al ons gedagtes te wees nie. 

  • Hy vorm deel van 'n brokkie van ons dag, maar ons laat Hom nie toe om Here oor ons hele dag te wees nie.

  • Ons nooi Hom om deel te wees van sommige van ons besluite, maar ons laat Hom nie toe om Here oor al ons besluite te wees nie. 


Ons mag dalk dink omdat ons Christene geword het, ons bonatuurlik verander behoort te word. Dat as ons vir Jesus ja sê, Hy in ons lewens inkom en ons verander sonder enige moeite van ons kant af. Aangesien dit kan gebeur, omdat God enigiets kan doen, moet ons nog steeds tot die geveg vir ons geestelike heiligheid toetree. 



Terwyl ons oor die volgende paar dae deur die leesplan gaan, sal ons leer wat dit beteken om die ou mens "uit te trek" en die nuwe mens "aan te trek", en hoe om alles te sê en te doen in die lig van wat Christus vir ons gedoen het. 



Oordink



  • Waarop fokus jy? Wat kan jy doen om jou fokus van die tydelike af weg te neem? 

  • As jy oor jou lewe in Christus dink, nooi jy Jesus in jou hele lewe in, of net 'n deeltjie daarvan?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

New Life In Christ

As volgelinge van Christus, het ons 'n nuwe lewe in Christus. Maar wat beteken dit? In hierdie Leesplan sal jy leer wat 'n nuwe lewe in Christus is, hoe om die rommel uit jou lewe te kry deur Christelike kwaliteite te kw...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid