Leesplan inligting

Nuwe Lewe In ChristusVoorbeeld

New Life In Christ

DAG 3 VAN 4

Beklee Jou



Kolossense 3:10 (NLV) begin deur vir ons te sê ons moet die nuwe mens "aantrek". Die Griekse woord vir aantrek verwys na "om jouself te klee". Ons moet nuwe dinge aantrek wat pas by ons nuwe lewe in Christus — ontferming, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld, vergifnis en liefde. Stel jou voor jy trek klere aan van ontferming, geduld en vergifnis. 



Hoe kies ons egter goedheid, nederigheid en sagmoedigheid? Dis nie so moeilik nie. Hier is 'n paar voorstelle:



Voed die begeerte om goed te doen.

Jy het seker al gehoor dat dit wat jy voed, sal groei. En dit is so. As ons kies om op goeie dinge te fokus en dit die belangrikste in ons lewens maak, dan groei dit. Net so sal 'n baba groei en sterk word met die regte voeding. Kies dus om jou gees te voed deur na dinge te luister en te doen wat jou opbou en jou gees versterk. 



Verwaarloos slegte dinge.

Om iets te verwaarloos beteken om dit uit te los en te ignoreer. Dis wat ons moet doen met die lelike dinge in ons lewens — ons is berouvol daaroor, gooi dit af en beweeg weg daarvan af. Ons voed dit nie of fokus nie daarop nie. Ons doen dit deur die begeerte te voed om goeie dinge te doen, soos in die vorige punt beskryf. Wanneer ons goeie dade "aantrek", sal ons mettertyd die slegte dinge miskyk, afgooi en dit agterweë laat. Stel jou dus voor om letterlik van al die slegte dinge, die sonde en die stryd wat jou van 'n vol lewe in Christus weerhou, ontslae te raak, deur hul teenoorgesteldes te kies.




  • As jy sarkasties is en 'n bitsige tong het, kies om eerder iets vriendeliks te sê.

  • As jy kras voorkom, kies om iets te doen wat sagmoedigheid vereis.

  • As jy 'n wrok koester, kies om te vergewe.


Sommige keuses is moeiliker as ander, maar ... dis nog steeds ons keuse. Wanneer ons hierdie eienskappe "aantrek", word dit sigbaar in ons verhoudings. Hoe ons ander behandel — alle mense — is uiters belangrik. Die Skrif sê ons kan nie beweer dat ons God liefhet terwyl ons ander mense haat nie. Ons horisontale verhoudings met mense is 'n weerspieëling van ons vertikale verhouding met God. 'n Lewe wat met hierdie goeie eienskappe gevul is, gee lewe aan ons gees en is tot ons voordeel en nie ons nadeel nie. 



Oordink




  • Wat doen jy om die goeie dinge in jou lewe "te voed"? 

  • Skryf een of twee dinge neer waarmee jy elke dag sukkel en beraam 'n plan om dit uit jou lewe uit te kry. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

New Life In Christ

As volgelinge van Christus, het ons 'n nuwe lewe in Christus. Maar wat beteken dit? In hierdie Leesplan sal jy leer wat 'n nuwe lewe in Christus is, hoe om die rommel uit jou lewe te kry deur Christelike kwaliteite te kw...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid