Leesplan inligting

Hantering Van AngsVoorbeeld

Dealing With Anxiety

DAG 5 VAN 7

Hoe hanteer ek al die negatiewe gedagtes?



Het jy al ooit gevoel dat jou lewe 'n gevangenis is? 'n Gevangenis vol dinge wat jy moet doen en leeg van dinge wat jy wil doen?



Wou jy al ooit net in jou kamer gaan wegkruip en Netflix of YouTube of onbenullige video's kyk, omdat jy nie alleen kan wees met jou gedagtes nie? Het jy al ooit probeer om jouself net van jouself af weg te lei?



Dink jy ooit terug aan die gelukkige kind wat jy was en wonder wat gebeur het? Waar kom al die spanning vandaan? Wanneer het die angs oorgeneem? Wanneer het ek opgehou om te wil sing, dans en speel? Wat het met my gebeur? 



Jy is nie alleen nie, en daar is hoop.



Die druk wat jy ervaar, die spanning wat jy dra en die angs waarmee jy moet worstel, is nie nodig nie. Ongelukkig is hulle ook nie uniek nie. Jy is deel van die angstigste en mees gespanne generasie in die geskiedenis. Die goeie nuus is: jy is nie alleen in die hantering van daardie dinge nie, en die slegte nuus is … jy is nie alleen in die hantering van daardie dinge nie. Jy is nie alleen nie.



Daar is hoop. 



As mens was ons nooit bedoel om alleen te lewe nie. Jy is geskape om mense in jou lewe te hê vir wie jy omgee en wat vir jou omgee. Daar is mense wat sukkel met angs net soos jy. Hulle het jou nodig. Net so het jy vir hulle nodig.



Jesus het in die geskiedenis verskyn as liefde en hoop in menslike vorm. Jesus het die geskiedenis verander en Jesus wil jou verhaal verander. Hy het hoop en genesing gebring vir mense wat seergekry het. Hy het hulle keer op keer gewys dat hulle nie alleen was nie, dat hulle geliefd was en dat daar hoop was. Hy wil dieselfde vir jou doen. 



Jesus was 'n voorbeeld vir die waarde van betroubare verhoudings. Hy het twaalf vriende gehad saam met wie Hy alles tydens sy bediening gedoen het. Twaalf dissipels. Twaalf mense wat daar was om mekaar aan te moedig, vir mekaar te bid en mekaar te troos. Twaalf mense wat vir mekaar omgegee het, maak nie saak wat nie. Twaalf mense wat mekaar liefgehad het net soos Jesus hulle lief gehad het. 



Ons wil almal sulke mense hê, en ons behoort almal sulke mense te hê. Dit is mense soos dié wat ons help om die negatiewe gedagtes in ons lewens te oorkom, sodat ons positiewe lewens kan begin leef. 



Hoe hanteer jy die negatiewe gedagtes? Deel dit met mense vir wie jy lief is en wat vir jou omgee. Laat hulle jou help om daardie negatiewe gedagtes te oorkom, sodat jy 'n positiewe lewe kan lei. 



Uitdaging: Gesels met die mense wat vir jou omgee oor die angs wat jy voel. Moenie wag dat hulle vra wat fout is nie. Wees moedig en gaan eerste na hulle toe. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Dealing With Anxiety

Angs dreineer jou. Ongelukkig is angs 'n werklikheid waarmee ons leef. Hierdie plan is bedoel om jou te help om te verstaan dat jy nie alleen is nie, dat daar hoop is, en dat God wil hê dat jy vrede moet hê. Vir die volg...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid