Leesplan inligting

Hantering Van AngsVoorbeeld

Dealing With Anxiety

DAG 2 VAN 7

My vrou het die afgelope 12 maande met baie intense angs te doen gehad. Dit was van die moeilikste maande in ons huwelik en eerlikwaar ons lewens. Skynbaar van nêrens af sal angs haar totaal oorval en haar dikwels verlam. Sy sukkel om asem te haal, te dink en iets te doen, as gevolg van die oorweldigende angs en vrees wat sy tydens daardie oomblikke ervaar. Sommige van haar angs-episodes word volwaardige paniekaanvalle wat 'n paar uur duur voordat sy kan kalmeer. Dis onaangenaam. 



As haar man, wil ek niks meer hê as om die angs weg te neem nie. Ek kan egter nie. Dit het 'n stadium bereik dat ek ook angstig begin voel sodra sy angstig voel. My hart begin klop en my gedagtes hardloop met my weg, want ek het geen idee hoe erg dit gaan word nie. Ek voel hulpeloos omdat ek dit nie kan laat verdwyn nie, en dis onaangenaam. 



Ek ken vandag soveel jongmense wat só verlam is van angs dat hulle nie 'n vol lewe kan leef nie. Daar is soveel “wat-as” wat in hul koppe rondmaal, dat hulle nie verder as daardie negatiewe gedagtes kan beweeg en positiewe stappe kan neem nie. Dit laat mens magteloos. 



Samevattend: Angs is dreinerend. 



Ek het egter nog steeds hoop. Hoekom? God wil hê dat jy vrede moet hê. God is nog steeds goed, selfs al is die lewe nie. In hierdie leesplan gaan ons nie onrealistiese beloftes maak en vir jou sê dat jy "net geloof moet hê", of voorgee dat angs nie regtig so erg is as wat dit werklik is nie. 



Ek hoop dat jy nou weet: Jy is nie alleen nie. Daar is 'n paar ongelooflike verhale in die Bybel wat illustreer dat mense net soos jy met angs geworstel het en vrede gevind het. 



Neem die Psalms. Dit is 'n versameling van liedjies en gedigte wat soms as lofgesange tot eer van God gesing word, en soms uitgeroep word tot God in die middel van jou pyn en lyding. Wat my aangryp van die Psalms, is dat hulle jou uitnooi na iemand anders se ervaring met baie van dieselfde emosies wat ons voel. 

Uitdaging:Skryf die dinge wat jou angstig maak neer. Dit wat jou regtig angstig maak. Neem 'n paar minute om die dinge neer te skryf in 'n notaboek of op jou selfoon. Wat is die dinge waaroor jy angstig voel? 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dealing With Anxiety

Angs dreineer jou. Ongelukkig is angs 'n werklikheid waarmee ons leef. Hierdie plan is bedoel om jou te help om te verstaan dat jy nie alleen is nie, dat daar hoop is, en dat God wil hê dat jy vrede moet hê. Vir die volg...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid