Leesplan inligting

Hoe Om Terug Te Keer Na GodVoorbeeld

Finding Your Way Back To God

DAG 1 VAN 5

Daar Moet Meer Wees

Het jy al ooit die gevoel in jou lewe gehad dat jy iets najaag wat jou nie ten volle sal bevredig nie? Gee aandag aan daardie gevoel. Dit kom van God af.


Ons praat nie net van gevalle van dwelmmisbruik nie, alhoewel drank- en ander verslawings wel 'n gejaag na niks is. Ons ken egter ook baie “goeie kerkmense” wat elke week in 'n kerkdiens sit — of van 'n preekstoel af preek vir mense — wat voel hulle is ver van God af. Hulle is “suksesvol” of “agtermekaar” of “regverdig” van buite-af, maar van binne-af mis hulle God. Hulle hou hulself besig met godsdienstighede en werk, skool of gesin, maar dit is nie genoeg nie. Hulle verlang dat God 'n werklikheid vir hulle sal wees.


Daardie verlange is die eerste geestelike ontwaking vir elkeen van ons wat ons pad na God toe wil terugvind: “Daar moet meer wees.”


As jy verlang na 'n liefde wat diep en bevredigend is, as jy jouself aan iets wil verbind wat werklik 'n verskil sal maak, of as jy antwoorde soek op al die moeilike vrae van die lewe, dan soek jy na God. Jy het net twee opsies: jy kan aanhou soek om self die verlange te bevredig of jy kan na die Een soek wat hierdie verlange in jou geplaas het.


Ons behoefte aan ware liefde dateer terug na die tyd toe die mensdom geskape is. God het bedoel dat ons sy liefde op twee maniere ervaar: direk van Hom af en deur die mense waarmee ons in 'n gesonde verhouding staan. Dit wat ons verlang is nie net wat God het nie, maar wat God werklik is. Hy is liefde en Hy soek na ons met liefde.


Daar is 'n gesegde: Elkeen wat aan die deur van 'n bordeel klop, is eintlik op soek na God. As jy aan die deur van een of ander selfvernietigende gewoonte of verhouding klop, het jy in der waarheid by 'n belangrike punt in jou lewe gekom; jou terugkeer na God. Hoekom? Die teleurstelling wat jy in die goedkoop plaasvervangers ervaar, sal jou laat wonder waar jy ware liefde kan vind. Sal jy jouself oopstel en toelaat dat God die verlange na liefde vul?


Waarop dui jou doen en late van dié week, oor wat jy dink jou sal bevredig?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Way Back To God

Wil jy meer uit die lewe kry? Om meer te wil hê, is eintlik 'n verlange om terug te keer na God — waar jou verhouding nou ook al met God mag wees. Almal van ons ondervind mylpale — of ontwakings — soos wat ons ons pad te...

More

Baie dankie aan Dave Ferguson, Jon Ferguson en WaterBrook Multnomath Uitgewersgroep wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://yourwayback.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid