Leesplan inligting

7 Dae Om 'n Meer Vrygewige Persoon Te WordVoorbeeld

7 Days To Becoming A More Generous Person

DAG 3 VAN 7

Vrygewig met ons vermoëns.


Jy het nie vandag geleef voor jy nie iets vir iemand gedoen het wat jou nooit kan terugbetaal nie. - John Bunyan


Ons het vasgestel dat vrygewigheid baie verder strek as ons bankbalans. In baie seisoene van ons lewens sal ons nie die finansiële vermoë hê om enigsins iets by te dra nie. Maar dit moet ons nie stop om dit wat ons wel het te deel nie - ons vermoëns. 


Of ons geleer het om iets te doen deur lesse of gebore is met 'n talent, ons het almal iets waarin ons uitblink. Soms help hierdie dinge ons om 'n bestaan te maak en wanneer dit die geval is, kan dit moeilik wees om so 'n vaardigheid op hierdie manier by te dra. Maar hoe wonderlik sou dit wees om hierdie vaardighede en intelligensie aan te bied in 'n sekere gebied om ander by te staan? Kom ons oordink wat ons kan bydra wanneer dit kom by ons vaardighede en laat ons op daardie manier 'n verskil maak.


Gebruik jou vaardighede.

Hierdie sluit tipies vaardighede in wat ons geleer het - miskien in 'n kollege of met indiensopleiding. Nutsmanne, loodgieters en elektrisiëns kan aanbied om ander te help wat andersins nie sou kon bekostig om vir 'n sekere diens te betaal nie. Diegene wat rekeningkunde bestudeer het, of wat net goed is met finansies, kan die nodige hulp aanbied in hierdie area. Mense in die mediese veld bied dikwels hulle vaardighede aan persone wat moontlik nie sulke dienste sou kon bekostig nie. Waar blink ons uit? Wat kom maklik vir ons? Ons kan ons vaardighede gebruik om iemand anders se las te verlig.


Gebruik jou gawes.

Hierdie is die eienskappe wat ons uit God se hand ontvang het. Ons het niks gedoen om dit te kry nie - ons is gebore met hierdie gawes. Sommige het hierdie wêreld in 'n goeie bui binnegekom en het bewys hulle is goeie aanmoedigers. Of miskien het God ons die vermoë gegee om take en geleenthede te organiseer of te administreer. Ons is al "gebedsoldate" genoem omdat ons elke week ure spandeer om deur gebed die laste van ander ligter te maak. Ons gawes is vir ons gegee om met ander te deel. 


Gebruik jou talente.

Ons talente is gewoonlik iets waarvoor ons geoefen het. Les na les, jaar na jaar, het ons tyd spandeer om dit te slyp, sodat ons dit uitstekend kan doen. Dit kan sang, dans, speel van 'n instrument, meeding in 'n sport, om mense te laat lag, of 'n verskeidenheid van ander talente wees. Dit kan in hierdie areas wees waar ons ons vrygewige gees wys deur dit met ander te deel, sonder vergoeding. 


Dit maak nie saak of ons gebore is met 'n talent en of ons dit verwerf het deur jare se oefening nie, ons het iets om aan te bied vir ander. God kan ons vermoëns neem en dit gebruik vir sy doel. 


Oordink



  • Het jy dit al ooit gedink, dat om van jou vermoëns te gee, vrygewigheid is?

  • Skryf sommige van jou vaardighede, gawes en talente neer. Skryf een ding in elke area neer, wat jy vir iemand anders kan gee. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

7 Days To Becoming A More Generous Person

Om vrygewig te leef gaan nie net oor die dade wat ons doen nie — dit is die hart wat ons God toelaat om in ons te ontwikkel. Dit is 'n reis van die hart en om alles wat ons het te beskou as gawes van God. In hierdie lees...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid