Leesplan inligting

7 Dae Om 'n Meer Vrygewige Persoon Te WordVoorbeeld

7 Days To Becoming A More Generous Person

DAG 2 VAN 7

Vrygewig met ons tyd.


Die maatstaf vir 'n lewe is na regte die bydrae wat dit lewer en nie die duur daarvan nie. — Corrie Ten Boom


Om vrygewig te leef beteken nie net om geld te gee vir 'n saak of persoon in nood nie. Dit is deel daarvan, maar dit is meer as om net geld te gee. Om van ons tyd te gee is net so waardevol. Ons kan altyd meer geld verdien, meer dinge koop, en meer vriende maak, maar ons kan nooit meer tyd kry nie. In plaas daarvan om dit te sien as 'n kosbare bydrae tot 'n saak of persoon, word ons dikwels suinig met ons tyd en sê: "Ek het net nie die tyd nie." Ons almal het die tyd. Die vraag is, maak ons tyd vir die belangrike dinge?


Hoe lyk dit as ons met ons tyd vrygewig is? Daar is 'n verskeidenheid van maniere waarop ons 'n bydrae kan lewer.


Wees 'n mentor.

Jy het miskien al gehoor mense sê dat God niks vermors nie. Al die goeie dinge, en nie sulke goeie dinge wat ons moes verduur, sal Hy in die lewe van iemand anders gebruik. Ons moet terugdink aan die dinge wat ons as mens gevorm het en God toelaat om dit te gebruik om 'n impak op iemand anders te maak. Die wysheid wat ons uit al ons lewenservarings bygekry het, kan ander help op hulle eie persoonlike reise.


Wees 'n dienaar.

Om te dien word dikwels beskou as een van ons laaste opsies. Die meeste mense sou liewer op die voorgrond wou wees, in die kollig waar hulle toekennings ontvang, of miskien erkenning vir 'n prestasie ontvang. Die dienaar doen wat nodig is in die situasie waarin hy hom in bevind. Dienaars is gewillig om uit te reik na mense en hulp aan te bied om iemand anders se lewe te vergemaklik. Hulle stel nie belang in toekennings of kolligte nie, hulle wil net ander dien.


Wees 'n vriend.

Spreuke 17:17 sê: "Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken ..." Vriende is in die lekker tye nodig én wanneer dit nie so goed gaan nie. Dit is maklik om saam met 'n vriend te wees en die vriendskap te geniet wanneer dinge goed gaan. Maar, wanneer 'n vriend seer het, laat ons net 'n vriend wees, in plaas daarvan om om 'n pleister op hulle wonde te probeer plak en hulle beter te laat voel. Ons teenwoordigheid in hulle lewens bring vertroosting en laat hulle weet ons sien hulle raak en ons het hulle nie vergeet nie. 


Ons tyd is iets wat ons nooit sal terugkry nie. Wat 'n merkwaardige belegging kan ons maak wanneer ons kan bekostig om van ons tyd te gebruik om ander te beïnvloed. Ons sal nooit weet wat die langdurige uitwerking op 'n ander se lewe is omdat ons hulle ons tyd gegee het nie.


Oordink



  • Vind jy dat jy meer gewillig is om jou tyd daaraan te wy om te help of nie?

  • Wat is een ding wat jy vandag vir iemand kan doen wat jou tyd vereis? 

  • Op jou pad vorentoe kan jy op die uitkyk wees waar jy jou tyd in mense kan belê — miskien verkies jy om elke dag iets vir iemand te doen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

7 Days To Becoming A More Generous Person

Om vrygewig te leef gaan nie net oor die dade wat ons doen nie — dit is die hart wat ons God toelaat om in ons te ontwikkel. Dit is 'n reis van die hart en om alles wat ons het te beskou as gawes van God. In hierdie lees...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid