Leesplan inligting

Bid Moedige DingeVoorbeeld

Pray Big Things

DAG 5 VAN 7

Ken Jou Doel in God se Planne vir Jou


Terwyl God baie roepings en opdragte gegee het wat op almal van toepassing is, het Hy ook 'n unieke doel vir elkeen van ons wat ons moet ontdek. God gee vir ons ons drome, talente en wense, wat beteken dat Hy nie net 'n groot plan vir jou lewe het nie, maar dat Hy jou ook toerus met die persoonlikheid, talente en belangstellings wat jy nodig het om sy plan te kan uitvoer. 



Waaroor is jy dus passievol? Watter tipe probleme en vraagstukke raak aan jou hartsnare wanneer jy daaroor lees? Wat jy op die oomblik vir jouself in die lewe wil hê, is dalk nie sleg, boos of sonde nie. Miskien is dit wat jy wil hê dalk selfs in God se plan vir jou. Dit is egter nie wat God reeds vir jou gegee het nie — en hierdie ding laat jou daar vashaak, maak jou mismoedig en oneffektief.



Ek onthou toe ek eenkeer aan 'n hele groep getroude volwassenes voorgestel is wat met onvrugbaarheid geworstel het. Ek het nie 'n idee gehad hoeveel mense al vir jare met onvrugbaarheid gesukkel het, en waar dit soms ook die einde van verhoudinge beteken het nie. Ek was ook geïnteresseerd in die verskillende reaksies van paartjies wat daarmee worstel. Sommige het gelyk of hulle 'n doelwit gehad het, buiten om swanger te raak. Hulle het steeds in die kerk gedien. Hulle het steeds as 'n paartjie pret gehad. Hulle was steeds aktief besig met werk vir koninkryksdoeleindes. Ander paartjies kon weer oor niks anders praat as hoe hard hulle probeer om swanger te raak nie. Die onderwerp het hulle gesprekke heeltemal oorheers. Hulle stryd het hulle hele lewens oorgeneem.



Hierdie strik geld nie net vir mense wat begeer om kinders te hê nie. Baie enkellopendes praat oor niks anders as dat hulle graag in 'n verhouding wil wees nie, en baie sakemanne kan oor niks anders as hulle volgende transaksie praat nie. Alhoewel daar niks fout is met hierdie drome nie, laat dit mense vashaak in hulle stryd, in plaas daarvan dat hulle probeer uitvind wat God vandag vir hulle beplan. 



Ek het eenkeer 'n gesegde gehoor hoe om ons begeertes met God se plan vir ons te balanseer: "God weet wat ons nodig het, as ons dus iets nie het nie, is dit eintlik omdat ons dit nog nie nodig het nie." God het ons nie per ongeluk in ons huidige situasie geplaas nie. Hy het 'n doel en Hy het 'n plan. Ons kan vertrou dat Hy ons op so 'n manier geskep het dat ons begeertes en talente gebruik kan word vir sy doel vir ons, en tot sy verheerliking.






Wat gee aan jou vreugde en 'n sin van vervulling? Hoe weerspieël dit die drome wat God aan jou vir jou lewe gegee het?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Pray Big Things

Wat weerhou jou daarvan om moedige gebede te bid? Julia Jeffress Sadler daag ons uit om God op sy Woord te neem en Hom te sien beweeg soos nog nooit tevore in haar verhaal van God se lewensveranderende antwoorde op moedi...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://juliajsadler.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid