Leesplan inligting

Bid Moedige DingeVoorbeeld

Pray Big Things

DAG 1 VAN 7

Meer As Wat Ons Ons Kan Voorstel


Voordat ons hierdie week saam begin, wil ek jou vra om die besluit te neem om doelbewus te bid — om God gereeld vir spesifieke dinge te vra. Die besluit om dit te doen, het eiehandig my en my man Ryan, se lewenskoers vir ewig verander. Hierdie gewilligheid, het die potensiaal om jou lewe ook te verander. Moenie hierdie geleentheid misloop om in die Here se teenwoordigheid te kom nie, sodat Hy jou gebede kan vorm wat jy gretig is om te bid.



Die tweede ding wat ons moet aanroer, is dat sommige van ons nie ontvang waarvoor ons vra nie, omdat ons nie regtig kinders van God is nie. As jy Christus nog nooit as jou persoonlike Here en Verlosser aanvaar het nie, dan moedig ek jou aan om nie 'n woord verder te lees voordat jy God gevra het om jou te vergewe en te verlos nie, en Hom te vra dat Jesus se offer aan die kruis vir jou ook sal geld. Romeine 10:9-10 sê: "As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word ..." As jy in 'n verhouding met Jesus is, is jou toegang tot die Vader onverhinderd. Hy verwelkom ons met volle vreugde en aanvaarding voor sy troon.



Vir die grootste deel van my lewe, was ek nooit regtig geïnteresseerd in gebed nie. Gebed het eerlikwaar vir my vervelig geklink. Hoekom was dit so? Die antwoord is dat ek op geleende gebede gelewe het. Ek het voordeel getrek uit ander mense se knieëwerk. Ek was bemoedig deur ander mense se getuienisse. My gebrek aan entoesiasme oor gebed, was nie 'n teologiese probleem nie; dit was 'n eienaarskapsprobleem.



Waarom is dit van uiterste belang om eienaarskap van jou geloof en gebedslewe te neem? Die Bybel verwys herhalend na God se volk wat eienaarskap neem van die seëninge wat God aan sy kinders beloof het. Byvoorbeeld, Deuteronomium 28:12 sê: "Die Here sal sy goeie voorraadskuur, die hemel, vir jou oopmaak om vir jou land reën te gee op die regte tyd, om alles wat jy doen te seën. Dan sal jy aan baie nasies kan leen, maar self sal jy nie hoef te leen nie." Dit is 'n volledige teenstrydigheid vir ons om te lewe asof ons geen tasbare manier het om te kry wat ons nodig het, wat ons wil hê, of begeer terwyl ons volle toegang tot die God van die heelal het nie.





Vra God in gebed om jou 'n groter begeerte te gee om met Hom te praat. Bely wat ook al vandag 'n hindernis in jou gebedslewe is.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Pray Big Things

Wat weerhou jou daarvan om moedige gebede te bid? Julia Jeffress Sadler daag ons uit om God op sy Woord te neem en Hom te sien beweeg soos nog nooit tevore in haar verhaal van God se lewensveranderende antwoorde op moedi...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://juliajsadler.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid