Leesplan inligting

Bid Moedige DingeVoorbeeld

Pray Big Things

DAG 4 VAN 7

Tree Op


Die Bybel gee ons die opdrag: "... julle [moet] die Here Jesus Christus 'aantrek', en nie ’n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie" (Romeine 13:14 NLV); en "... neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak" (2 Korintiërs 10:5). Hy sê ons aan om beheer te neem van ons gedagtes, omdat ons in werklikheid wel in staat is om dit te doen. Om ons gevoelens uit te druk is 'n belangrike deel van genesing, maar ons kan nie vashaak by ons emosies nie. Gevoelens kan nie jou denke vervang nie. Ons kan nie kies hoe ons voel nie, maar ons het 'n besliste keuse met ons gedagtes.



Tydens my jare van nagraadse studie, het ek gehoor hoe sielkundiges hierdie verskynsel in navorsing op breinfunksie en gedagtes wat jou denke binnedring bevestig, om tot die gevolgtrekking te kom dat mense eintlik vyf en negentig persent beheer oor hulle gedagtes het. Kom ons sê die oorblywende vyf persent is geestelike oorlogvoering of natuurlike reaksies op trauma en oorsake. Die teologie en sielkunde stel dit duidelik: ons het 'n keuse oor die meerderheid van wat ons oor ons situasie, van ander en oor God glo.



Die kwessie van lyding kom in die prentjie wanneer ons God vir groot gebede wil vra, maar pyn en lyding op beide die persoonlike en globale vlakke, het 'n manier om ons te keer nog voor ons begin het. Selfs Jesus, die Seun van God, het aan die kruis uitgeroep: "My God, my God, waarom het U my verlaat?" (Matteus 27:46). Dit lei amper vanselfsprekend vir die mense naaste aan Hom, om God se teenwoordigheid te bevraagteken. Buitendien, as kinders van God, het ons al sy goedheid ervaar. Ons ken sy krag. Ons het 'n verhouding met Hom — en is dit dan baie meer waarskynlik dat ons sy afwesigheid sal kan waarneem, of eerder sal kan voel, as diegene wat nie 'n verhouding met Hom het nie.



Niks van Jesus wat aan die kruis sterf lyk goed nie. Die dissipels was angsbevange, Christus se roeping is beëindig en Jesus was dood. Dit was die siening op daardie Vrydag. Op Sondagoggend, toe Jesus uit die dood opgestaan het, het mense uiteindelik verstaan dat al daardie dinge vir 'n rede gebeur het — Jesus het die dood oorwin, sodat ons die ewige lewe kon hê.



God het nie Jesus se gebed verhoor toe Hy gevra het: "neem tog hierdie lydensbeker van my af weg" (Lukas 22:42) nie, maar Jesus het "deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is" (Hebreërs 5:8). Om na God toe te hardloop te midde van lyding in plaas van om van Hom af weg te hardloop, is 'n bonatuurlike reaksie. Dit is hierdie bonatuurlike reaksie waarmee God sy kinders toegerus het — wanneer ons hartseer, onsekerheid, vrees, en somtyds die duiwel self in die gesig staar. 






Bely die dinge wat jou daarvan weerhou om God met jou drome te vertrou. Vra Hom vir wysheid en geloof om berusting te vind in die manier wat Hy kies om ons te antwoord.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Pray Big Things

Wat weerhou jou daarvan om moedige gebede te bid? Julia Jeffress Sadler daag ons uit om God op sy Woord te neem en Hom te sien beweeg soos nog nooit tevore in haar verhaal van God se lewensveranderende antwoorde op moedi...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://juliajsadler.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid