Leesplan inligting

Betree jou DoelVoorbeeld

Step into Purpose

DAG 4 VAN 5

Volhard in Geloof 



Daar is soveel wonderlike helde wat ons voorafgegaan het, wat in hul doel getree het om 'n verskil te maak, die wêreld te vorm soos wat ons dit vandag ken. 



Sommige name soos Nelson Mandela, Moeder Teresa, selfs Bethany Hamilton (wat ten spyte van haar gestremdheid nooit haar doel en roeping prysgegee het nie). 



Ons kan almal by hierdie wonderlike leiers leer, en daar is soveel eienskappe wat hulle ​​as helde laat uitstaan. Ek wil egter fokus op een eienskap wat hierdie drie figure gehad het en wat deurslaggewend is tot "Tree In Jou Doel", — en dit is volhard in geloof! 



Volharding kan 'n moeilike taak wees wanneer ons in 'n wêreld vol negatiwiteit leef — veral teenoor Christenskap en God. Een ding waarvan jy egter seker kan wees, is dat God aan jou kant is! As ons Skepper jou geroep en 'n doel vir jou geskep het, is Hy van voorneme dat jy dit sal bereik. Dit lyk dalk nou groter as jy … en weet jy wat, DIT IS! Kom ek bemoedig jou met die verhaal hoe die profeet Jeremia deur God geroep is. 



In Jeremia hoofstuk 1 (in 'n neutedop), sien ons hoe God Jeremia roep om 'n profeet, nie net vir sy mense te wees nie, maar DIE NASIES — skrikwekkende taak, reg? God gaan egter verder om Jeremia te verseker en vir sy doel toe te rus (Jeremia 1:9-14). In alle eerlikheid, Jeremia het dit redelik moeilik gevind om opgewasse te voel vir hierdie doel, maar God belowe Jeremia dat Hy hom nooit sal verlaat of versaak nie.



Uit hierdie boodskap kan jy die besliste versekering hê dat God van plan is om jou jou doel te laat bereik, selfs al lyk die taak moeilik. Ons kan kennis neem van Jeremia se volharding om met God sukses te behaal! Die vyand kan nie raak aan wat God vir jou beplan nie, tensy jy hom toestemming gee. God het jou geroep om in jou doel te slaag, want Hy glo in jou en het jou vir daardie spesifieke ding geskep. Hy is by jou en jy het die hele hemel wat jou ondersteun! Beur dus vooruit en moenie na die vyand se leuens en ontmoediging luister nie. Volharding is die sleutel om te sien hoe jou Godgegewe doel verwesenlik word! 



Jy, die persoon wat hier lees, kan en sal 'n held wees wat hierdie wêreld nodig het, wees dus bemoedig en luister na die belofte wat God vir Jeremia gegee het — "'Hulle sal teen jou veg, maar sal jou nie oorwin nie, want Ek is met jou en sal jou red', spreek die Here.” (Jeremia 1:19)






Geskryf deur Ashleigh Meyer


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Step into Purpose

Wat is my doel? Wat is ek veronderstel om met my lewe te doen? Wat is God se plan vir my? Dit is alles vrae wat baie van ons op een of ander stadium in ons lewens vra. Ons poog om sommige van hierdie vrae te beantwoord t...

More

Baie dankie aan C3 Church Sydney Pty Ltd wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.c3college.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid