Leesplan inligting

Eerder Vreugde as Spanning: Hoe Om Vreugde 'n Daaglikse Gewoonte te MaakVoorbeeld

Joy Over Stress: How To Make Daily Joy A Habit

DAG 3 VAN 6

Beheer Spanningsvolle Gedagtes


Gedurende my navorsing oor vreugde het ek ontdek dat ons omstandighede nie outomaties vol spanning is nie; dit is ons gedagtes oor 'n omstandigheid wat die spanning skep.



Hoe meer ek hieroor dink, hoe meer is ek daarvan oortuig. Kyk byvoorbeeld na openbare toesprake. Vir sommige is dit maklik. Vir ander is dit die mees spanningsvolle ding wat hulle ooit sal doen. Dit is nie omdat openbare toesprake spanning saamdra nie. Dit is wat ons daarvan dink.



Dit maak ook sin wanneer jy na die Bybel kyk.



In die boek Filippense is Paulus in die tronk. Maar hy sê herhaalde kere dat hy bly is. 



Hoe kan hy bly wees as hy in een van die mees spanningsvolle situasies denkbaar is? Iemand in die tronk sal nie van vreugde wil praat nie.



Om in die tronk te wees, is nie vanselfsprekend spanningsvol nie. Dit dra nie outomaties spanning saam nie. Dit is wat ons daarvan dink.



Paulus het oor die tronk gevoel as 'n manier om vir Christus te lewe (Fil. 1:18-20). Sy gedagtes oor sy omstandighede het nie van spanning getuig nie, maar van vreugde. 



Hoe kan ons, met hierdie wete, ons gedagtes vasvang en herbedraad om liewer vol vreugde te wees?



Dit is belangrik om te weet dat ons geloof in ons gedagtes weerspieël word. 



In Filippense gebruik Paulus die woorde "vreugde" en "bly wees" sestien keer in hierdie kort Bybelboek. Dit is 'n herhaalde verklaring van vreugde. Hy herhaal die gedagte wat hy wil glo.



Baie mense glo dat ons passief is in die proses van ons geloof. Ons kry eers die bewyse en daarna glo ons dit. 



Die proses is eintlik meer aktief as dit. Ons kan aktief besluit wat ons wil glo en dan aktief die gedagte inoefen wat ons wil herhaal.



Ten aanskoue van daaglikse spanning, watter gedagte wil jy dus herhaal?



Die Bybel sê, met Jesus se hulp, kan ons moeilike dinge doen. Ons word vertel dat God ons liefhet en vir ons omgee. Dit sê ook dat ons kommer eendag in vreugde sal verander. 



Hoe meer ons hierdie Bybelse waarhede in ons gedagtes herhaal, hoe meer sal ons dit glo, en hoe meer sal ons ons gedagtes kan herlei om na spanningsvolle omstandighede deur die lens van vreugde te kyk. 



Probeer vandag 'n poging aanwend om jou gedagtes oor dit wat jou gespanne maak, vas te vang. Herhaal dan wat jy wil glo. Stadig maar seker sal jy jou gedagtes herlei om die tevredenheid te hê wat Paulus in alle omstandighede gehad het (Filippense 4:11).


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Joy Over Stress: How To Make Daily Joy A Habit

Ons is oorspanne. Die samelewing maak ons wys dat ons die volgende gelukkige oomblik moet najaag om spanning te kan oorwin. Maar, die Bybel skets vir ons 'n ander prentjie. Hierdie 6-dag leesplan sal jou wys hoe jy prakt...

More

Baie dankie aan Neal Samudre wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://nealsamudre.com/overstress/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid