Leesplan inligting

Eerder Vreugde as Spanning: Hoe Om Vreugde 'n Daaglikse Gewoonte te MaakVoorbeeld

Joy Over Stress: How To Make Daily Joy A Habit

DAG 1 VAN 6

Inleiding: Wat is Vreugde?


Jou rekeninge lê oor jou tafel gestrooi. Jou werksfoon hou aan gons met gedurige nuwe kennisgewings. Jou huis het herstelwerk nodig. Jou kinders tap jou energie. En jy sien glad nie daarna uit om môre werk toe te gaan nie.



Dit is geen verrassing dat ons vandag meer gespanne is as ooit tevore nie.



Te midde van hierdie groeiende spanning, sê ons kulturele agtergrond vir ons dat die beste uitweg, is om die volgende oomblik van geluk na te jaag. Hierdie gelukkige oomblikke skep tydelike verligting van die groeiende spanning en as ons gelukkig genoeg is, kan dit ons help om (tydelik) van ons spanning te vergeet. 



Ons lewe in 'n kultuur wat lief is vir daardie aangename gevoel. Ons glo dat spanning nie iets is wat ons moet voel nie, en dat geluk God se plan vir ons is. Reg?



Ek het 'n paar jaar gelede 'n studie hieroor gedoen. Op die hoogtepunt van my spanning, wou ek weet wat God oor spanning en geluk te sê gehad het. Ek het my ook verdiep in die nuutste bevindinge oor positiewe sielkunde.



Die antwoord het my lewe verander.



Beide die Bybel en positiewe sielkunde stem saam: om jou spanning te ontvlug deur geluk na te jaag, is eintlik die resep vir selfs groter spanning.



Ek het ontdek dat die Bybel sê ons moet vreugde hê.



Vreugde is die innerlike bevrediging wat ons voel wanneer ons welstand en sukses nastreef, selfs gedurende tye van groot swaarkry. Dit laat ons beter en meer positief voel, maar dit verskil van geluk in die sin dat dit ook in moeilike tye teenwoordig kan wees.



Wanneer jy deur moeilike tye gaan, is dit onmoontlik om gelukkig te wees. Jou uiterlike omstandighede laat dit nie toe nie. Wanneer jy egter deur moeilike tye gaan, is dit baie moontlik om steeds vreugde te ervaar. Jou innerlike hoop in God kan jou die bevrediging gee om deur die grootste moeilikhede te groei.



Niemand is 'n beter voorbeeld hiervan as Jesus, wat ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, die kruis verduur het nie. (Hebreërs 12:2). 



Die samelewing sê dat ons ons uiterlike omstandighede vir geluk moet verruil om sodoende spanning te kan hanteer. 



Die Bybel sê dat ons deur spanning kan groei, solank ons vreugde in God kweek. Nie net laat dit ons beter voel nie, maar dit maak ons ook beter mense. 



Daar is 'n rede hoekom vreugde 'n vrug van die Gees is en nie geluk nie. God wil hê ons moet op Hom hoop en deur ons moeilikhede groei.



Maar die probleem is, ons kultuur sal enigiets doen om ons te oortuig om weg te hardloop van ons spanning af, en sodoende dit vererger. 



Gelukkig is daar goeie nuus. Die Bybel skets vir ons 'n duidelike prentjie van hoe ons spanning deur middel van daaglikse vreugde kan beveg.



As jy swaar aan die gewig van jou spanning dra, en wonder of jy ooit beter sal voel, sal hierdie leesplan jou wys hoe om 'n gewoonte van daaglikse vreugde te kweek wat jou deur tye van spanning laat groei. 



Jy kan vreugde bo spanning kies. Dit is hoe jy dit doen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Joy Over Stress: How To Make Daily Joy A Habit

Ons is oorspanne. Die samelewing maak ons wys dat ons die volgende gelukkige oomblik moet najaag om spanning te kan oorwin. Maar, die Bybel skets vir ons 'n ander prentjie. Hierdie 6-dag leesplan sal jou wys hoe jy prakt...

More

Baie dankie aan Neal Samudre wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://nealsamudre.com/overstress/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid