Leesplan inligting

Daaglikse Juwele - Behou jou kroon as 'n dogter van die KoningVoorbeeld

Daily Jewels- Aligning Your Crown As A Daughter Of The King

DAG 6 VAN 7

  Dag 6: Die gevreesde spieël



Spieël: 'n oppervlak wat weerkaats, deesdae 'n stuk glas wat aan die een kant met amalgaam geverf is en wat 'n duidelike beeld weerkaats.



Ek moet bieg: saans as ek my klere uittrek en gesig was, draai ek die lig dof sodat ek myself skaars kan sien. Die lemoenskil op my bene, die plooitjies onder my oë en die rekmerke op my maag maak my naar. Ek is in die gewoonte om woorde soos "vet, lelik, gewoon, oud en aaklig" te gebruik as ek my weerkaatsing in die spieël sien en party aande sien ek glad nie daarvoor kans nie. Jy kan eintlik sê: "Ek kritiseer myself behoorlik." 



Terwyl ek hierdie woorde tik, huil ek, want dit maak regtig saak wat ons oor onsself glo. Die samelewing plaas vandag soveel druk op vroue om nie net kinders te hê en groot te maak nie, maar ook dat hulle soos modelle moet lyk terwyl hulle dit doen. Dit het die norm geword om te Botox, op te vul, en ons gebreke weg te steek. Ek het jare lank 'n sweetpaktop in baie warm weer gedra, net omdat ek ongemaklik oor my liggaam gevoel het en dit wou wegsteek. 



Die gevoel om onsigbaar te wees, het my verteer totdat God my in Genesis gewys het dat Hy ons "as beeld van God" geskape het. Ek het eendag die Skrifgedeelte gelees en die Here sê toe vir my: "Hou op om my te beledig." Ek het geweet ek sou moes verander hoe ek myself sien, maar ek het nie geweet hoe om dit te doen nie. God het verskeie verhale in die Bybel aan my begin openbaar. My geliefkoosde een is oor die vrou wat aan bloedvloeiing gely het. Sy moes wegkruip, want die mense het gedink hulle sou by haar aansteek. Die dokters kon haar nie genees nie, dus het sy na Jesus toe gegaan. Sy kon net naby genoeg kom om aan die soom van sy kleed te raak. Die oomblik toe sy dit doen, is sy genees. God het na haar geroep en nadat sy almal van haar genesing vertel het ('n dapper daad), het Hy vir haar gesê: "DOGTER, jou geloof het jou gered." Dit is die enigste keer in die Bybel wat Jesus die woord "dogter" gebruik het. (Jy kan die verhaal in Lukas 8 lees). 



Dames, ons moet Jesus soek soos die vrou wat aan bloedvloeiing gely en toegelaat het dat Hy haar van binne-af buitentoe genees. Ons het sekere gewoontes in ons lewens gevestig, wat dit waarvoor God ons so perfek geskape het, beledig. Ons moet ophou om bekommerd te wees oor ons gebreke en begin om vir Hom dankie te sê dat elke plooi wysheid simboliseer en dat elke rekmerk lewe verteenwoordig. Omring jouself met mense wat jou bemoedig en liefhet, want dit maak saak wie jy in jou lewe toelaat. Vra jouself af of jy sal saamstem as jou kinders daardie dinge oor hulleself voor die spieël sê. Kom ons wees 'n voorbeeld vir ons kinders, broers- en susterskinders of kleinkinders oor hoe dit lyk om selfvertroue te hê, selfs met ons gebreke, omdat ons KONINKLIKES is!



Daaglikse Gebed:



Hemelse Vader,



Ek bid in die Naam van Jesus dat ek my deur u oë sal sien, elke keer wanneer ek in die spieël kyk. Here, help my om nie die leuens te glo wat ek aan myself fluister nie en my om skoonheid te herdefinieer, deur op u beeld te fokus. Help my om 'n gewoonte daarvan te maak om eerder my kroon, in plaas van my gebreke te sien. Jesus, U het my volmaak en volkome gemaak. Help my om 'n rolmodel te wees vir die kinders en mense op wie ek 'n invloed het. In die Naam van Jesus.



Liefde,



U dogter



Moenie vandag jou kroon vergeet nie!


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Daily Jewels- Aligning Your Crown As A Daughter Of The King

Kyk 'n bietjie rond. Daar is altyd 'n juweel te vinde, te midde van die chaos. Daaglikse Juwele is 'n 7-dag oordenking wat jou uitnooi om jou kroon, as 'n dogter van die Koning, te behou. Kom saam met my op 'n skattejag ...

More

Baie dankie aan "Beautifully Designed" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://beautifullydesigned.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid