Leesplan inligting

Daaglikse Juwele - Behou jou kroon as 'n dogter van die KoningVoorbeeld

Daily Jewels- Aligning Your Crown As A Daughter Of The King

DAG 1 VAN 7

Dag 1: Dapper



Dapper: gereed om gevaar en pyn in die gesig te staar en te verduur; moed aan die dag lê.



Was jy al ooit in 'n situasie waar jy moes besluit of jy dapper gaan wees of nie? Dalk was dit 'n werksgeleentheid, 'n nuwe verhouding, om 'n groter gesin te hê of dalk is dit net 'n konflik wat jy in jou lewe moet hanteer. Elke week beland ek in 'n situasie waar ek moet besluit of ek dapper of vreesagtig gaan wees. Daar is werklik heelparty weke wanneer ek so moeg daarvan is om die moed bymekaar te skraap en die regte houding te hê om dapperheid te kies. Soms moet ek net dapper genoeg wees om nie angstig te raak as die seuns met hulle bergfietse ry, of met die foefieslide afgly wat hulle pa gemaak het nie. Dan is daar weer ander dae wanneer ek dapper genoem moet wees om stil te bly as ek met iemand te doen kry wat 'n moeilike persoonlikheid het. Ons as vrouens, doen elke dag 'n klomp goed tegelykertyd en die gedagte om met al hierdie dinge dapper te wees, is oorweldigend. Wat staar jy op hierdie oomblik in die gesig wat van jou vereis om dapper te wees? Is jy gereed om dit met moed en durf aan te pak?



My seuns hou baie van die Narnia rolprente, dus kyk ons dit oor en oor. Nou die dag was daar 'n paar woorde wat vir my uitgestaan het. Lucy is omtrent agt jaar oud en het pas uitgevind dat sy 'n geveg moet trotseer. Daar word gevra of sy, as 'n meisie, dapper genoeg is om 'n teenstander aan te durf. Sy antwoord vinnig sy dink sy is dapper genoeg. Daardie twee woorde, "dapper genoeg", het my hart laat bokspring. Ek het ervaar hoe die Here vir my sê: "Hou op om vir alles te probeer dapper wees." Die volgende oggend het ek met 'n ligter hart wakker geword, want dit het nie gevoel of ek vir alles moes krag en moed hê nie. Ek moes net dapper genoeg wees vir die volgende ding wat sou kom. Ek het my Bybel gegryp, nie my selfoon nie, want ek het geweet dat ek nie die dag sou kon aanpak sonder Jesus se woorde en waarheid in my hart nie. 



Die oorsprong van ons moed en energie om dapper te wees, kom net van die Een wat ons so perfek geskape het. God weet wat ons gawes, foute en tekortkominge is en Hy wil ons harte vul en vir ons sy krag gee om die gevaar en pyn, moedig te verduur. Staan op, geliefde dogter van die Koning! Jy is DAPPER as gevolg van jou Hemelse Vader. Kom ons praat met Hom.



Daaglikse Gebed:



Hemelse Vader,



Help my om vandag met U moed en krag aan te pak. Fluister woorde in my hart tydens al my gesprekke, besluite en situasies. Ek het slegs moed omdat ek weet dat U my vir iets groter geskape het. As ek vandag enige pyn of gevaar moet verduur, laat die Heilige Gees oorneem en my help om staande te bly om dit met moed en liefde aan te pak. Dankie dat U in elke situasie vir my die krag gee wat ek nodig het. Jesus, ek plaas my vertroue in U! In die Naam van Jesus.



Liefde,



U Dogter



 



Moenie vandag jou kroon vergeet nie!


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Daily Jewels- Aligning Your Crown As A Daughter Of The King

Kyk 'n bietjie rond. Daar is altyd 'n juweel te vinde, te midde van die chaos. Daaglikse Juwele is 'n 7-dag oordenking wat jou uitnooi om jou kroon, as 'n dogter van die Koning, te behou. Kom saam met my op 'n skattejag ...

More

Baie dankie aan "Beautifully Designed" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://beautifullydesigned.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid