Leesplan inligting

Daaglikse Juwele - Behou jou kroon as 'n dogter van die KoningVoorbeeld

Daily Jewels- Aligning Your Crown As A Daughter Of The King

DAG 4 VAN 7

  Dag 4: Lief vir my, nie lief vir my nie



Soos: met dieselfde karaktertrekke of kwaliteite hê as; amper soos.



Ek hou van mense! Regtigwaar! My man sê ek "forseer" myself op mense af van wie ek hou. Hy herinner my gereeld daaraan dat nie almal van 'n stewige drukkie hou nie. Ek kan dit glad nie verstaan nie. Daardie vriendelike waarskuwing het onlangs handig te pas gekom toe ek uitgevind het dat een van my "vriendinne" nie juis van my hou nie. Hoe nou? Ek sal nooit daardie eerste keer vergeet toe ek die vertrek binnestap en sy my doelbewus geïgnoreer het nie. Ek het glad nie geweet hoekom nie en het dus twee dae lank gewonder wat ek gedoen of gesê het om dié reaksie te regverdig. Dit het my gedagtes oorheers en my angstig laat voel. 



Ek glo dat elke vrou, ongeag haar ouderdom, al iets soortgelyks ervaar het. Ek het die foon opgetel en een van my gebedsmentors gebel. Dit was die begin van 'n groeiproses om in 'n dieper verhouding met Jesus Christus te kom. Net so baie soos ek van "drukkies" hou, hou ek ook daarvan om dinge "reg te stel". Ek wou die foon optel en myself "verdedig" en dit opklaar, want die gedagte dat iemand nie van my hou nie, het my diep seergemaak. My mentor het die gesprek in 'n ander rigting gelei: van die "persoon" na die gevoelens van verwerping wat "my" oorweldig het.



Het jy al ooit verwerping ervaar of was jy al in 'n ongemaklike sosiale posisie toe jy nie geweet het hoe mense oor jou voel nie? Ek het met 'n reis begin waarin ek besef het dat ek al my veiligheid en sekuriteit in mense plaas. My mentor het my na Psalm 139:23 verwys: "Deurgrond my, o God … " Die realiteit is dat ek God nooit 'n kans gegee het om my hart te ondersoek nie, want ek was so besig om die ander persoon s'n te probeer verstaan. Ek was so verteer met wat moontlik in haar hart aangegaan het, dat ek my eie geïgnoreer het. Tydens gebed het ek besef wat mense van my dink, hulle opinie is. My enigste besorgdheid moet net wees om aan die Here gehoorsaam te wees. God sal my verdedig, maar in die verlede het ek Hom nie die kans gegee nie. Ek wil jou aanmoedig om jou Bybel by Psalms oop te maak en dit hardop te lees. Jy sal begin insien dat jy die vermoë kan hê om stil te bly omdat God namens jou veg. 



Wanneer jy nou jou dag begin, vra God om jou "hart te deurgrond." Verwerping maak seer, maar dit bepaal nie wie jy is nie, dit doen jou hemelse Vader. 



Daaglikse Gebed:



Hemelse Vader, 



Ek bid dat U my deur die dag herinner aan hoe baie U my liefhet. Daar is mense wat my liefhet en dié wat my nie liefhet nie. Help my om aandag te skenk aan hulle wat my liefhet en ondersteun; dié wat U in my lewe geplaas het om my te bemoedig en nader aan U te bring. Help my om my waarde slegs in my verhouding met U te vind. U is die enigste Een wat my nooit sal verlaat nie. In die Naam van Jesus.



Liefde,



U dogter



Moenie vandag jou kroon vergeet nie!


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Daily Jewels- Aligning Your Crown As A Daughter Of The King

Kyk 'n bietjie rond. Daar is altyd 'n juweel te vinde, te midde van die chaos. Daaglikse Juwele is 'n 7-dag oordenking wat jou uitnooi om jou kroon, as 'n dogter van die Koning, te behou. Kom saam met my op 'n skattejag ...

More

Baie dankie aan "Beautifully Designed" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://beautifullydesigned.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid