Leesplan inligting

Ses Stappe Tot Suksesvolle LeierskapVoorbeeld

Six Steps To Your Best Leadership

DAG 7 VAN 7

Doen Dit Nou


Moenie hierdie leesplan voltooi sonder om iets daaromtrent te doen nie. Leiers gaan oor tot aksie, gebaseer op inligting, wat tot 'n algehele verandering kan lei. Presies wat is die volgende tree wat jy gaan gee? God is gereed om meer te doen deur die werking van sy krag, as wat jy ooit kan vra, dink of jou voorstel.



  1. 'n Dissipline om mee te Begin: Wanneer jy weet wie jy is, of wie jy graag wil wees, sal jy weet wat om te doen. Gebaseer op wie jy wil wees, met watter dissipline sal jy moet begin? 

  2. Die Moed om Op Te Hou: Gebaseer op wie jy wil word, waarvoor het jy moed nodig om mee op te hou? Moenie net aan negatiewe dinge dink nie. Dalk moet jy met iets belangriks ophou en dit aan iemand anders oorgee.

  3. 'n Persoon om te Bemagtig: Wie wil jy bemagtig? Moenie 'n deksel word wat keer dat jy die mense wat jy lei, bemagtig nie. Dalk moet jy selfs iemand bemagtig om 'n belangrike taak oor te neem waarvoor jy die moed gehad het om mee op te hou.

  4. 'n Stelsel om te Skep: Waar is daar spanning? Waar is daar organisatoriese probleme? Watter stelsel sal jy moet ontwikkel om die gewenste resultate te kry?

  5. 'n Verhouding om aan te Knoop: Gebaseer op die persoon wat jy graag wil wees, wie sal jy moet ontmoet? Watter verhouding sal jy moet aanknoop? Jy mag dalk op die drumpel wees van die verhouding wat jou lotsbestemming kan verander.

  6. 'n Risiko Wat Jy Moet Neem: Gebaseer op die persoon wat jy wil wees en dit wat jy graag wil doen, watter risiko moet jy neem? As jy altyd wag tot jy gereed is, sal jy altyd laat wees. 


Laastens: wees wie God jou gemaak het om te wees. Mense volg eerder 'n leier wat altyd opreg is as 'n leier wat altyd reg is. 


Gesels met God: God, ek vertrou U om meer te doen as wat ek ooit in my eie krag kan doen. Sal U my die wysheid, moed en krag gee om die volgende tree te gee?


Lees gerus my boodskappe oor Gewoontes, om meer momentum te kry.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Six Steps To Your Best Leadership

Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te be...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus https://www.craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid