Leesplan inligting

Ses Stappe Tot Suksesvolle LeierskapVoorbeeld

Six Steps To Your Best Leadership

DAG 4 VAN 7

'n Stelsel om te Skep


Dink aan 'n probleem by die werk, in jou span, by die huis, of in jou lewe, wat aanhoudend kop uitsteek. Jy dink dalk jy het probleme met kwaliteitskontrole, kliëntediens, verkeerde mense, of lastige huislike probleme, maar dit word waarskynlik deur 'n stelselprobleem veroorsaak.


As leiers, is ons geneig om die mense onder ons vlak, vir ons probleme te blameer, terwyl die werklike probleem 'n stelsel hoër op is. 


Dalk dink jy: "Wel, ons het nie regtig stelsels nie," of "ons is meer op verhoudings ingestel; ons het nie regtig stelsels nodig nie." Met respek gesê; jy het stelsels. Jou stelsel mag dalk wees om jou dag te begin met die lees van jou e-posse, om probleme te hanteer soos hulle opduik, en om dan hoogs gespanne huis toe te gaan. Dit is 'n stelsel.


Jy het stelsels, doelbewus of by verstek, maar nogtans het jy hulle. Jou huidige stelsels is óf 'n gevolg van wat jy geskep het, óf wat jy verdra. Indien jy beter resultate wil hê, begin dan om 'n beter stelsel te skep. 


In die eerste hoofstuk van die Bybel, was die wêreld woes, en God het gesê: "Laat daar lig wees." Daarna het Hy voortgegaan om dag en nag, aarde en hemel, land en water, voëls en visse te skei, en so aan. Jy sal dus oplet dat God spesifieke stelsels saam hanteer en nie aan beweeg het voordat Hy tevrede was dat dit goed is nie. God het mense laaste geskep en vir hulle opdragte gegee oor hoe om vir alles te sorg — insluitend 'n stelsel om een maal per week te rus. 


Die skepping het met 'n stelsel begin. Die apostel Paulus noem die kerk een liggaam met baie lede wat almal doelbewus, en met belangrike doelwitte, saamwerk. Dit is 'n stelsel. 'n Stelsel waarvan Jesus die enigste leier is. 


Net soos die wêreld, soos die kerk, soos jou eie liggaam, is jou lewe vol stelsels. Gesonde stelsels gebeur nooit per ongeluk nie. Hulle word doelbewus geskep. 


Watter stelsel moet jy skep om die resultate te kry wat jy wil hê? 


Dink hieroor na: Het ek Jesus die leier van my unieke stelsel — my lewe — gemaak? Wat veroorsaak spanning in my lewe, en watter stelsels sal die probleme kan oplos?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Six Steps To Your Best Leadership

Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te be...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus https://www.craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid