Leesplan inligting

Ses Stappe Tot Suksesvolle LeierskapVoorbeeld

Six Steps To Your Best Leadership

DAG 5 VAN 7

'n Verhouding om mee te Begin


Ons het die leesplan begin met die besluit om die wie voor die doen te plaas. As jy wil verander wie jy is, sal jy moet verander saam met wie jy is. 


Die apostel Paulus wat verantwoordelik is vir die skryf van die grootste gedeelte van die Nuwe Testament, het van die mees dramatiese lewensveranderinge in die Bybel ervaar. Hierdie verandering in sy lewe was so buitengewoon, dat selfs sy naam van Saulus na Paulus verander het. 


Saulus het die Christene gehaat en wou hulle doodmaak. Paulus het die Christene vir die res van sy lewe liefgehad. Saulus het Jesus se volgelinge verag en rondgereis om hulle te agtervolg. Paulus het vir Jesus op die pad ontmoet en rondgereis om Hom aan mense bekend te stel. Saulus het tyd met godsdienstige mense deurgebring om sodoende sy pad na God toe oop te werk. Paulus het sy tyd by gebroke mense deurgebring, terwyl hy God toegelaat het om deur hom te werk.


Eers het Paulus vir Jesus ontmoet, wat hom die lig gewys het. Daarna ontmoet hy vir Ananias, wat hom gehelp het om nuwe krag en sy sig (letterlik) te herwin. Daarna ontmoet hy vir Barnabas, wat vir Paulus in die bresse getree en aan die kerkleiers voorgestel het, toe hulle vir hom bang was. Die lys gaan aan en aan en vandag word Paulus waarskynlik as een van die mees doeltreffende leiers in die geskiedenis gereken. 


Net soos Paulus, mag jy dalk naby die verhouding wees wat die beloop van jou lotsbestemming gaan verander. Wanneer jy tyd saam met ander deurbring, moenie net reageer op die mense wat na jou vra nie. Bring tyd deur met veeleisende mense, dié wat jou onder druk plaas en selfs hulle wat jou verwar. 


Leer by Paulus en knoop 'n gesprek aan met iemand wat jy kritiseer. Ons beoordeel dikwels dit wat ons nie verstaan nie. Moenie net gesprekke aanknoop met mense van jou ouderdom, in jou beroepsveld, of dié met soortgelyke ervarings nie. Voel jy vasgeval? Soek iemand wat 'n paar treë voor jou is. As jy 30 is, maak vriende met 'n 40-jarige en vra hulle hoe verskillend hulle nou oor dinge dink teenoor die tyd toe hulle 30 was. 


Wees voorbereid om baie te luister, belangrike vrae te vra, en goeie voorbeelde te volg. Moenie net na-aap wat ander doen nie, maar leer hoe hulle dink. 


Laastens: indien jy nog nie 'n verhouding met Jesus begin het nie, mag jy naby 'n verhouding wees wat die beloop van jou lotsbestemming gaan verander. Ek weet dis wat met my gebeur het. Die laaste Skrifgedeelte van vandag se oordenking is die apostel Paulus se beskrywing van hoe dit kan wees. 


Gesels met God: God, U weet wie U my gemaak het om te wees. Kan U my help om te verstaan met wie ek moet vriende maak? Gee my die wysheid en krag om die regte verhoudings aan te knoop.


Laat weet ons as jy besluit om 'n verhouding met Jesus te begin .


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Six Steps To Your Best Leadership

Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te be...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus https://www.craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid