Leesplan inligting

Om Soos Jesus te LeefVoorbeeld

Living Like Jesus

DAG 5 VAN 5

Jesus het gekies om naby genoeg te wees om ons aan te raak.



Volgens Google is daar 4 200 gelowe in die wêreld waarvan ons weet. Wat maak dit dan anders om Jesus te kies? Hy het óns gekies! Onder derduisende ander gode, is Jesus die enigste wat in ons plek gesterf en daarna weer lewendig geword het. 



Die Bybel vertel ons dat Christus vir ons gesterf het terwyl ons nog sondaars was. Jesus het nie gewag dat ons eers ons lewens regruk voor Hy ons kom red het nie. Hy het na ons gekom te midde van ons foute en brouwerk en gesê: "Ek sal namens jou betaal." 



Het jy al ooit gewonder hoekom God vir Jesus gestuur het? Dis nogal ongelooflik om daaraan te dink. God kon enige ander manier gekies het om ons te red. Hy het egter sy Seun, Jesus, gestuur om ons gebroke verhouding met God te herstel. 



Jy sien, in die Ou Testament (al die Bybelboeke voor Jesus se geboorte) lees ons van die uitwerking van ons gebroke verhouding met God. Na Adam en Eva gesondig het, kon ons nie meer 'n direkte verhouding met God hê nie, want Hy is heilig en volmaak, en ons — nou-ja, ons is nie. 



Dus moes mense in die Ou Testament 'n dier offer elke keer wanneer hulle verbrou het. Kan jy jou dit indink? Elke keer wat jy gejok, geskinder, gesteel het, ongehoorsaam was — die lys gaan aan — moes 'n dier doodgemaak word net om met God reg te maak. 



God het nie regtig daarvan gehou nie. Dus het Hy besluit om iets kragtiger as 'n dier te stuur. Hy het sy Seun gestuur. Jesus het ons wêreld binnegekom en saam met Hom lig, liefde, vryheid, genade, aanvaarding, vreugde, vrede en hoop gebring. Jesus het ook gekies om namens ons — in ons plek — te sterwe, sodat ons nie meer offers hoef te bring nie, maar eerder 'n verhouding met God kan kies. Na drie dae het Jesus opgestaan om so die dood te oorwin. Wanneer ons nou vir Jesus kies, kies ons onverdiende vryheid en genade wat gratis aan ons gegee word! 



God het vir Jesus "Immanuel" genoem, wat "God met ons" beteken. God het gekies om vir Jesus te stuur om by ons te wees, selfs toe ons gebroke en onwaardig was. Jesus het gekies om onder ons te woon en naby genoeg te wees om aan ons te raak. 



Laat ons dan in die oorwinning lewe wat Jesus aan ons bied. Kom ons lewe soos Jesus — naby genoeg om mense wat dit nodig het, aan te raak. Om by mense te wees. Om mense lief te hê, omdat Jesus ons liefhet. As ons dus vir Jesus met ander wil deel, moet ons Hom ten toon stel deur die wyse waarop ons ons lewens lei. Dit is hoe ons ons verhale kan vertel. Dis hoe ons aan 'n ongelowige wêreld kan wys hoe ware hoop lyk. 



Bid: Jesus, baie dankie dat U ons verhouding met God kom herstel het. Dankie dat U gekies het om by ons te wees, om naby genoeg te wees om ons te kan aanraak en dat U ons gered het toe ons dit nie verdien het nie. Help my om elke dag meer soos U te lewe. Help my om anders te lyk deur die vryheid wat U vir my gegee het. Help my om u liefde en u goeie nuus met 'n gewonde wêreld om my te deel. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Living Like Jesus

As ons Jesus met ander wil deel, moet ons soos Hy leef, soos Hy liefhê en soos Hy luister. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons Jesus se lewe van naderby bekyk om te sien hoe ons behoort te leef.

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid