Leesplan inligting

Om Soos Jesus te LeefVoorbeeld

Living Like Jesus

DAG 3 VAN 5

Tree in die bres vir diegene wat dit nie vir hulself kan doen nie. 



In 'n wêreld waar menings binne oomblikke wêreldwyd kan versprei nadat dit gedeel is, en sosiale media debatte van 0 tot 100 binne sekondes kan gaan, is dit wys om te onthou om aanlyn en vanlyn soos Jesus te wees. Jesus was nie bang om sonde uit te wys nie, maar Hy het dit binne die konteks van genade en verhoudings gedoen. Dus, om probleme aanlyn te deel, gaan heel waarskynlik nie tot 'n oplossing lei nie. Maar om vir iemand in die bres te tree wat dit nie vir hulself kan doen nie? Dit is naby aan die hart van Jesus. 



In Johannes 8 lees ons die verhaal van 'n vrou wat in die daad van owerspel betrap is. Die skare wou haar daarvoor stenig, en volgens wet kon hulle dit doen. Hulle het vir Jesus gevra wat Hy sou doen, om sodoende vir Hom 'n lokval te stel dat Hy iets sê waaroor Hy spyt sou wees. 



Jesus het nie in die strik getrap nie. In plaas daarvan het Hy gevra dat diegene wat nog nooit gesondig het nie die eerste klip moes gooi. Hy het in die sand begin skryf, en sommige mense glo dat Hy die sondes van die mense óm Hom neergeskryf het. Die mense het stilletjies weggeraak, sodat net Jesus oorgebly het. 



Jesus het aan die vrou genade bewys deur haar te laat gaan, maar Hy het die waarheid met haar gedeel deur vir haar te sê dat sy nie meer moet sondig nie. Ons moet daarna streef om só op te tree teenoor die mense in ons lewens. Ons moet verhoudings begin deur genade uit te straal, en mense daaraan herinner dat hulle foute vergewe kan word. Dan help ons mense besef dat daar 'n beter manier is om te leef — deur Jesus te volg. 



Tree dus in die bres vir diegene wat dit nie vir hulself kan doen nie. Tree in die bres vir die mense wat deur die wêreld verwerp is. Tree in die bres vir dié wat misgekyk word en die uitgeworpenes. En moenie net in die bres tree nie, maar maak jou gereed om te dien.



In Matteus 25 praat Jesus van twee groepe mense — skape en bokke. Die skape is diegene wat die minste onder hulle gedien het, wat ondersteuning aan die armes verleen het, water gegee het aan die wat dors het, wat die siekes versorg het, ens. Die bokke? Hulle het mense geïgnoreer wat in die nood was. Lees vandag se Skrifgedeelte om te sien hoe dit geëindig het. Let wel: om te dien is vir God belangrik. Dit beteken nie veel as ons sê dat ons God liefhet as ons nie sy mense liefhet deur hulle met oorgawe te dien nie. 



Dus, vir wie sal jy in die bres tree? Vir wie sal jy dien? Wanneer jy hierdie dinge doen, sê Jesus dat jy dit eintlik vir Hom doen. 



Bid: Vader, wys my vir wie ek in die bres moet tree en hoe om dit te doen. Help my om verkeerde dinge reg te maak. Help my om mense te aanvaar wat deur ander verwerp word. Help my om te dien soos U dien, lief te hê soos U liefhet, en in die bres te tree soos U dit doen. Breek my hart vir dit wat U hart breek, en gee my nuwe oë om ander te sien soos U hulle sien. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Living Like Jesus

As ons Jesus met ander wil deel, moet ons soos Hy leef, soos Hy liefhê en soos Hy luister. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons Jesus se lewe van naderby bekyk om te sien hoe ons behoort te leef.

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid