Leesplan inligting

Lydenstyd Reis - Water in Die WoestynVoorbeeld

Lydenstyd Reis - Water in Die Woestyn

DAG 8 VAN 40

BEWAAR JOU HART


“Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.” – Spreuke 4:23


As jy 'n hart het, kan jy gered word. – Abba Pambo


Dit kan klink na ’n baie vreemde opmerking van Vader Pambo: “As jy ’n hart het ...” Het almal dan nie ’n hart nie? Ja, almal het harte, maar almal het nog nie hul harte gevind nie. Baie van ons leef in ons koppe. Ons is totaal oorgeneem deur en vasgevang in ons denke. So ’n lewe verhoed ons om baie dinge werklik te kan ervaar. Ons kies dikwels om eerder oor dit wat reg voor ons is te DINK, as om verhoudings te bou. Ons leef eerder net in ons gedagtewêreld. As ek byvoorbeeld in ’n gesprek is en ek begin dink oor hoe ek lyk en wat die persoon van my sê, is ek nie meer teenwoordig en deel van die gesprek nie, maar vasgevang in my gedagtes.


My kop is wel ’n aspek en ’n deel van my hart, maar dit ís nie my hart nie. My hart is ook nie my emosies nie – ek kan totaal oorweldig word deur my emosies en ek kan vóél sonder om daaroor te dink. Ek kan ook té vasgevang word in dit wat ek moet doen. Henri Nouwen sê dat ons harte daardie plek is waar ons hele wese bymekaarkom: ons liggaam, ons denke, ons gevoelens, ons intuïsie, ons verlange en ons begeertes. Dit is jou kern, dít is waar jy God kan ontmoet. Dit is waar jy kan verstaan, kan voel en kan besluit. Die reis in die woestyn word dikwels beskryf as die reis van ons kop na ons hart. Dit is meestal iets wat beter ervaar as verstaan kan word. Dit is waar die ware lewe lê: in ons harte, om uit ons hart uit te praat, te dink, te voel, te sê en te doen.


“'n Mens se gedagte moet tot in jou hart gaan en daar voor die aangesig van die Here staan, wat altyd teenwoordig is en in jou hart kan sien.” – Theophan die Kluisenaar.


GEDAGTE VIR DIE DAG


“Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.” – Spreuke 4:23


VIR NADENKE


Neem ’n paar oomblikke om terug te dink aan jou dag. Voel jy deel van die realiteit van jou ervarings van die dag of nie? Was daar tye wat jy in die oomblik geleef het en bewus was van jou hart, jou emosies, begeertes en verlange? Is jy dalk huiwerig om in jou hart te kyk, uit vrees dat jou hart jou sal oorweldig of dat jou hart nie veilig is nie? Wees kwesbaar voor God en nooi Hom uit om saam met jou op die pelgrimstog van jou kop na jou hart te reis.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Lydenstyd Reis - Water in Die Woestyn

Hierdie leesplan sal jou op 'n geestelike reis begelei tydens die 40 dae van die Lydenstyd. Ons volg Jesus die woestyn in. Die woestyn is ’n plek van voorbereiding, beproewing, afsondering, stilte, uitdaging, herskeppin...

More

Ons wil Mosaiek bedank vir die aanbieding van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid