Leesplan inligting

Vrede wat alle verstand te bowe gaanVoorbeeld

Vrede wat alle verstand te bowe gaan

DAG 7 VAN 7

SAAI VREDE WAAR JY OOK AL GAAN 


Die vredemakers saai saad van vrede; hulle oes omdat hulle reg lewe voor God.  Jakobus 3:18  


Ek wil jou vandag op hierdie laaste dag van hierdie 7-dag-leesplan uitdaag om ‘n vredemaker te word wat vrede saai waar jy ook al gaan sodat jy ‘n oes van geregtigheid sal inbring. Die Here self sal vir jou die vrug van geregtigheid gee. Sal jy vandag by my aansluit en jou lewe opnuut aan Christus wy? Maak dié gebed jou eie: 


Here Jesus, vandag wil ons terugkeer na wat belangrik is, na ons oorsprong. Here, ons wil heel eerste vir U sê dat ons U liefhet. Ons het berou oor ons sonde. Ons vra dat U ons selfgerigtheid sal vergewe. Ons wil U eerste in ons lewe plaas, Here. Ons sê vir U dankie, Here, dat u Woord sê as ons eers die koninkryk van God en sy wil soek, al die ander dinge vir ons bygevoeg sal word. 


Ons vra nou, Here, dat U in ons lewens sal inkom en ons met die vrug van die Gees sal vul – liefde, vreugde, vrede, Geduld, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Vrede is wat ons die meeste begeer vandag, Here. Skenk ons u ewige vrede. 


Ons wy ons lewe vandag opnuut aan U toe. Vorm ons sodat ons die gesindheid van Jesus sal uitleef, sodat ons elke dag al hoe meer soos die Vredevors sal word. Ons vra dit in die Naam van Jesus Christus, ons Here. Amen 


Gaan nou uit en saai vrede waar jy ook al gaan. Gee die saad water en kyk hoe God dit laat groei. 


Here Jesus, ek bid hierdie gebed in u Naam. Ek wy my lewe vandag opnuut aan U. U is die Vredevors. Bemagtig my deur u Gees om die saad van vrede te saai waar ek ook al gaan. Amen. 


Die inhoud van hierdie leesplan is geneem uit die boek AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.  

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Vrede wat alle verstand te bowe gaan

Het jy vandag vrede in jou hart? Of is jy bekommerd oor situasies in jou lewe? In hierdie 7- dag-leesplan sal Angus Buchan jou wys hoe jy gevul kan word met God se genade en vrede en hoe om al hierdie bekommernisse by Go...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid