Leesplan inligting

Vrede wat alle verstand te bowe gaanVoorbeeld

Vrede wat alle verstand te bowe gaan

DAG 5 VAN 7

VREDE SAL OOR JOU HART DIE WAG HOU


Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Filippense 4:6-7 


In 1 Timoteus 6:8 lees ons: “As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.” Is jy tevrede met net kos en klere? Ons is nie, nie waar nie? Ons word neergedruk deur ons skuld. Die helfte van alles wat ons besit, het ons nie eens nodig nie. Wanneer laas het jy in daardie swembad geswem of op daardie tennisbaan gespeel waar die gras al deur die krake groei? Ons koop al hierdie dinge, maar ons gebruik dit nie. En dan is ons bekommerd omdat ons dit nie regtig kan bekostig nie.  


Luister na die Here: “Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad” (1 Timoteus 6:9-10). Die Here sê nie geld is boos nie. Hy sê oormatige liefde vir geld is die wortel van allerlei kwaad. Geld kan ons van God af weglei. 1 Timoteus 6:10 sê: “Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.” 


Geldgierigheid steel ons gemoedsrus. Dit is hoekom ons, ons oë moet rig op dinge met ewigheidswaarde – ‘n heilige lewe en vergenoegdheid. Draai terug na God toe. Hy sal oor jou hart en gedagtes die wag hou met sy suiwer liefde, vrede en vergenoegdheid. 


Here, hou die wag oor my hart sodat geldgierigheid nie in my lewe wortelskiet nie. Ek aanbid U, en U alleen. Amen 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Vrede wat alle verstand te bowe gaan

Het jy vandag vrede in jou hart? Of is jy bekommerd oor situasies in jou lewe? In hierdie 7- dag-leesplan sal Angus Buchan jou wys hoe jy gevul kan word met God se genade en vrede en hoe om al hierdie bekommernisse by Go...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid