Leesplan inligting

Vrede wat alle verstand te bowe gaanVoorbeeld

Vrede wat alle verstand te bowe gaan

DAG 3 VAN 7

VREDE IN ALLE OPSIGTE


Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees! 2 Tessalonisense 3:16  


Terwyl ek hierdie stuk skryf, is die son besig om weg te sak. Die kleure in die lug is so asemrowend mooi. Alles is pienk, oranje en helderrooi geskilder. Dit lyk of die lug aan die brand is. Die sakkende son, hierdie pragtige bal vuur wat die Here geskep het, herinner my dat so baie mense hartseer raak wanneer die son ondergaan en die donkerte om hulle toesak. Hulle onthou geliefdes wat gesterf het. Hulle dink aan al hulle hartseer in hulle lewe. 


Hulle probleme oorweldig hulle. Hulle voel so eensaam. Hulle is bekommerd oor wat die toekoms inhou. 


Ek het goeie nuus vir almal wat vandag hartseer, eensaam en bang is. Die Seun van die lewende God, Jesus Christus, sê Hy sal altyd by jou wees. Hy sal jou nooit verlaat nie en jou nooit in die steek laat nie (Hebreërs 13:5). Halleluja! Hy is die lig vir die wêreld (Johannes 8:12). Hy sal wees soos ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn totdat die dag aanbreek en die môrester in jou hart opkom (2 Petrus 1:19). Hy, die helder Môrester, sal helder in jou lewe skyn (Openbaring 22:16). Hy sal vir jou sy vrede in alle opsigte en in alle situasies gee. Die Here sal by jou wees, elke oomblik van die dag (2 Tessalonisense 3:16). Sy liefdevolle arms is om jou. 


Here Jesus, dankie vir u belofte om altyd by my te wees en vir my u vrede in alle opsigte te gee. Ek het U nodig in my lewe, Here om my lig en my gids te wees. Amen 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vrede wat alle verstand te bowe gaan

Het jy vandag vrede in jou hart? Of is jy bekommerd oor situasies in jou lewe? In hierdie 7- dag-leesplan sal Angus Buchan jou wys hoe jy gevul kan word met God se genade en vrede en hoe om al hierdie bekommernisse by Go...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid