Leesplan inligting

Vrede wat alle verstand te bowe gaanVoorbeeld

Vrede wat alle verstand te bowe gaan

DAG 2 VAN 7

ONTVANG LEWE EN VREDE 


Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede. Romeine 8:6  


Daar was ‘n groot prediker met die naam Charles Finney. Hy het oor heiligheid gepreek. “Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir ‘n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie” (Hebreërs 12:14). Dit is presies die boodskap wat Charles Finney verkondig het. 


Daar was egter groepe sogenaamde Christene wat afbeeldings gemaak het van Charles Finney en Vader Nash, ‘n bejaarde man wat altyd voor Finney uit gegaan het. Wanneer hy vyf of tien dae voor Finney op ‘n dorp aangekom het, het hy ‘n kamer bespreek en gebid dat daar herlewing op die dorp sou uitbreek. Wanneer Finney daar aangekom het, het hy heiligheid verkondig, mense het hulle lewens aan Jesus gegee en herlewing het uitgebreek. Sommige mense was kwaad vir Finney omdat die Here hulle deur sy boodskappe tot bekering gelei het. Hulle het daardie beelde in bome opgehang en tot as verbrand. 


Ek praat hier van Christene. Dit is nie hoe ons moet leef nie. Dit is soos ‘n doringbos wat appels probeer dra. Die Here sê die wêreld sal ons ken aan die vrugte wat ons dra. Jy kan nie sê jy is ‘n Christen as jy nie elke dag poging aanwend om in vrede met alle mense en heilig te leef nie. Ons moet vergewe en vrede maak. Deur sy Gees sal die Here ons met sy lewe en vrede vul. 


Here Jesus, ek wil ‘n vredemaker vir U hier op aarde wees. Ek wil heilig leef. Dit is nie altyd maklik nie, Here, maar deur u krag sal ek tot alles in staat wees. Ek loof u naam. Amen 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Vrede wat alle verstand te bowe gaan

Het jy vandag vrede in jou hart? Of is jy bekommerd oor situasies in jou lewe? In hierdie 7- dag-leesplan sal Angus Buchan jou wys hoe jy gevul kan word met God se genade en vrede en hoe om al hierdie bekommernisse by Go...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid