Leesplan inligting

Vrede wat alle verstand te bowe gaanVoorbeeld

Vrede wat alle verstand te bowe gaan

DAG 4 VAN 7

ROEP SY NAAM AAN


Sy dissipels kom toe en maak Hom wakker en sê: “Here, red ons! Ons vergaan!” Matteus 8:25


Hier lees ons van ‘n egte storm wat oor die See van Galilea losgebars het. Die dissipels was in ‘n visserskuit, wat waarskynlik nie langer as ses meter was nie. Wie het in die skuit gelê en slaap? Ja, die groot Probleemoplosser! 


Matteus vertel groot branders het oor die skuit gebreek, maar Jesus het geslaap. Sy dissipels was vreesbevange. Hulle het Hom gaan wakker maak en gesê: “Here, red ons! Ons vergaan!” (Matteus 8:25).


Dalk roep jy ook hierdie woorde vandag uit. “Here red my! Kan U nie sien ek verdrink nie? Kan U nie sien hoe breek die branders oor my nie? Kan U nie sien hoe skeur die wind alles uitmekaar nie?” Luister dan na die woorde van die Here in Matteus 8:26 “Waarom is julle bang, kleingelowiges?” Toe het Hy opgestaan en die storm laat bedaar. Ja, Hy het die wind en die branders bestraf en dit het doodstil geword. Die dissipels was verstom. “Watter soort mens is hy dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam?” (Matteus 8:27). 


Loof God! Daar is krag in die Naam van Jesus Christus. Roep sy Naam in geloof aan en Hy sal dieselfde in jou lewe doen as wat Hy op daardie skuit gedoen het. 


Gaan na die groot Probleemoplosser wanneer jy vreesbevange is. Hy sal jou storm laat bedaar en jou weer eens met sy rus en vrede vul. 


Here Jesus, soms het ek so min geloof. My probleme lyk so groot en die storms in my lewe so hewig. Ek roep u Naam vandag aan en smeek U om die storms in my lewe te laat bedaar en my met u vrede te vul. Amen 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Vrede wat alle verstand te bowe gaan

Het jy vandag vrede in jou hart? Of is jy bekommerd oor situasies in jou lewe? In hierdie 7- dag-leesplan sal Angus Buchan jou wys hoe jy gevul kan word met God se genade en vrede en hoe om al hierdie bekommernisse by Go...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid