GOD + DOELWITTE: Hoe 'n Christen Doelwitte Kan StelVoorbeeld

DAG 5: Wat as ek dit nie kan deurvoer nie?
Jy het ’n paar goeie doelwitte in gedagte en jy vertrou dat die Here jou sal lei, maar wat daarvan as jy nie slaag nie? Jy is bang dat jy dit nie sal kan deurvoer nie, dat jy dit sal opmors en dat jy God sal teleurstel.
Daar is ’n gewilde spreekwoord wat sê: “Sy het geglo sy kon en sy het.” Die Woord van God onthul egter aan ons ’n dieper, bevrydende waarheid: Sy het geglo sy kon nie, daarom het God. Vriend(in) jy hoef dit nie alles alleen te doen nie. God verwag nie van jou om perfek te wees nie. Dit is waarom Hy Jesus gestuur het om ons te red — Hy het geweet ons het ’n Redder nodig om ons krag te wees wanneer ons swak is, om ons te lei, om ons die weg te wys, en om die straf vir ons sondes op Hom te neem. Die evangelie dien as aanmoediging tot God-geleide doelwitte, en motiveer ons om weer op die regte pad te kom indien ons val. Waar jy nie kan nie, kan God. In werklikheid het Hy dit reeds aan die kruis gedoen. Dit maak nie saak wat jy bereik of nie bereik nie, God het reeds die uiteindelike oorwinning oor die dood behaal vir jou en vir my! Daar is niks wat jy so kan opmors dat Hy nie iets moois daaruit kan skep nie.
Kom ons som alles op:
- Soek sy wysheid in God-geleide doelwitte en wyse beplanning. Hy sal dit vir jou gee!
- Doen stappe in geloof vir die bereiking van die groot doelwitte, maar ook vir die skynbaar alledaagse doelwitte tussen-in.
- Vertrou Hom om sy genade oor jou uit te stort in die tye waar jy op die pad verbrou — want jy gaan verbrou! Indien jou doelwitte op God gerig is, sal jy nie die skip verlaat nie. Jy sal na Hom vir krag en wysheid draai, wetende dat hoe jy die doelwit bereik nie soveel saak maak as hoekom jy dit nie bereik nie.
Bid saam: Here, wat ’n avontuur was dit uit u lewegewende Woord! Help my om iets te doen met dit wat ek geleer het. Bo alles, help my om u goeie nuus van Jesus te deel. Laat al my doelwitte, klein of groot, my na u voete lei. In tye wanneer ek faal, herinner my aan u omvormende genade. Laat dié genade my dwing om u doel vir my lewe uit te leef! In die Naam van Jesus. Amen!
Aangaande hierdie leesplan

Is dit goed vir 'n Christen om doelwitte stel? Hoe weet jy of 'n doelwit uit jouself of van God af kom? Wat behels Christelike doelwitte nou eintlik? In hierdie 5-dag leesplan gaan jy dieper in die Woord delf en duidelike riglyne vind oor hoe om doelwitte te stel wat deur genade aangedryf word!
More