Leesplan inligting

Begin Hier | Eerste Treë Saam Met JesusVoorbeeld

Start Here | First Steps With Jesus

DAG 9 VAN 15

Markus 16 en Lukas 24 | Opgestaan

Welkom terug, my vriende. Vandag behels iets groots. Ons het by die kruis opgehou. Jesus is dood verklaar, toegedraai in linne lappe en in 'n graf geplaas. 'n Groot klip is voor die graf gerol en 'n Romeinse wag is daar geplaas om seker te maak dat niks ongehoords gebeur nie. 'n Dag het verbygegaan. En nog een. Die Jode het op die Sabbat gerus en ons begin nou die Sondagmôre vroeg. 


Markus 16 begin net na sonsopkoms. 'n Klompie van die vroue het kruie na die graf toe geneem om die dooie te vereer. En hulle het gewonder hoe hulle die klip sou wegrol. Vers 4:

"Die klip was baie groot, maar toe hulle opkyk, sien hulle dat dit klaar weggerol is. Toe hulle in die graf ingaan, sien hulle 'n jongman aan die regterkant sit met lang wit klere aan, en hulle het groot geskrik. 'Moenie skrik nie!' sê hy vir hulle. 'Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het. Maar gaan sê vir sy dissipels en in die besonder vir Petrus: Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.'"

Vers 8 sê vir ons dat die vrouens "gebewe het van die skrik". Regtig? Hulle verwag 'n dooie liggaam, maar vind 'n lewendige engel! En hulle word aangesê om vir die dissipels te gaan vertel. Wat beteken dit alles? 

En was dit alles 'n verrassing? Let op na die laaste frase in vers 7: "Net soos Hy vir julle gesê het." Jesus het hieroor gepraat - Hy het vir sy dissipels vertel dat hy sou sterwe en weer opstaan! Soms luister ons nie na die reine waarheid nie. Onthou hoe Petrus probeer het om Jesus uit dit uit te praat. Hulle het nie verstaan nie. Hoekom moes Jesus sterf?

Die verhaal van die opstanding word in al vier evangelies geboekstaaf, en elke skrywer deel verskillende dele van daardie dag. Kom ons beweeg nou aan na Lukas se weergawe, om ons te help om die vraag te beantwoord. Lukas 24:13-17:

"Op dieselfde dag was twee van hulle op pad na 'n dorpie met die naam Emmaus, twaalf kilometer van Jerusalem af. Hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het. Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop, maar hulle oë is verhinder om Hom te herken. Hy vra hulle toe: 'Wat is dit wat julle so ernstig met mekaar loop en bespreek?'"

Die verhaal wat dan volg, is fenomenaal. Twee dissipels stap saam, gebroke en verwilderd omdat Jesus gesterf het. Hulle kon nie die sin daarin sien nie. 'n Vreemdeling kom stap saam met hulle — en vra waaroor hulle gesels. Hulle vertel hom van Jesus, "... 'n profeet wat magtig was in woord en daad voor God en die hele volk." Maar hy is gekruisig. Hy is dood.  Vers 21 vertel: 

"Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos …"

Ons het gehoop. Hulle vertel hom ook die nuus wat hulle van 'n paar vrouens gekry het, wat na die graf toe gegaan het. Nou weet hulle nie wat om te dink nie. En hierdie hele tyd weet hulle nie dat hulle met Jesus praat nie! In vers 25:


"Toe sê Hy vir hulle: 'Wat 'n gebrek aan begrip en wat 'n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie? Moes die Christus nie hierdie dinge ly om in sy heerlikheid in te gaan nie?' Daarna het Hy by Moses en al die profete begin en al die Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, vir hulle uitgelê."

Dit is so mooi. Jesus bring die boodskap van 'n leeftyd en weef die hele Bybel inmekaar om hulle te wys — alles het heeltyd opgebou na die kruis en die opstanding. Die Messias moes sterf. Hoekom?

Daardie vraag bring ons terug na die kern van die saak: liefde. God het ons lief. 

"Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê." (1 Johannes 3:16) 

Jesus moes sterf, omdat hy ons liefhet. Hy het gesterf sodat ons vergewe kan word. Romeine verduidelik dit op hierdie manier: 

"Die loon van die sonde is die dood" (Romeine 6:23). 

Dit beteken dat al ons sonde teenoor God, die dood verdien. Hy het vir ons lewe gegee, ons het dit mishandel en misbruik, en die straf is die dood. God het ons egter lief. Hy is so lief vir ons dat hy sy enigste Seun gegee het om ons plek in te neem. Aan die kruis het Jesus, wat nooit sonde gedoen het nie, al ons sonde geneem, die prys betaal en in ons plek gesterf. 

Die dood was egter nie die einde nie. Jesus het gekom om die dood te oorwin. En God het hom weer opgewek. Die krag wat Jesus uit die dood opgewek het, is dieselfde krag wat ons opwek. Jesus het ons nuut gemaak. Die ou mens is verby, die nuwe mens is hier. 

Dink bietjie oor die tydsberekening. Jesus het vir ons gesterf, terwyl ons nog sondaars was. (Romeine 5:8) Hy het nie vir ons gewag om goed te word nie. Hy het ons liefgehad toe ons op ons slegste was — toe ons sy vyande was. Dit is nou werklike liefde. 

Dit, hierdie fenomenale offer, hierdie onbeskryflike liefde, verander alles. Dit is hoop. Hoop vir almal. Hierdie liefde verander mense. Daardie mense van wie ek jou vertel het — wat met self-opofferende liefde liefhet — hulle was nie altyd so nie. Die liefde wat Jesus aan die kruis vasgehou het, en die krag wat Hom uit die dood opgewek het, is vandag lewendig en aktief. En wanneer dit 'n lewe beetkry, is dit iets om te aanskou. 

Hoe leef ons dit vandag uit? Lees Lukas 24 en ek ontmoet jou weer hier in Kolossense. 

Vir Oordenking en Bespreking

  • Hoekom moes Jesus aan die kruis sterf?
  • Romeine 5:8 sê: "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was." Wat beteken daardie liefde vir jou?
  • Romeine 8:11 sê dat dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het, julle ook nuwe lewe sal gee. Het jy al enige bewyse daarvan in jou lewe gesien?
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Start Here | First Steps With Jesus

As jy onlangs tot bekering gekom het, nie die Bybel ken nie, of 'n vriend help — Begin Hier. Vir die volgende 15 dae sal hierdie 5-minute klankgidse jou stap-vir-stap deur twee fundamentele Bybelboeke neem: Markus en Kol...

More

Ons sê baie dankie aan "Through The Word" wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief http://throughtheword.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid