Leesplan inligting

Begin Hier | Eerste Treë Saam Met JesusVoorbeeld

Start Here | First Steps With Jesus

DAG 11 VAN 15

Kolossense 1:19-2:5 | Lees Dit


Welkom terug, almal. Vandag praat ons oor die Bybel en die belangrikheid van 'n gesonde Bybelgewoonte. God gebruik die Bybel om met ons te praat en deur dit te lees help dit ons om op die regte pad te bly terwyl ons Jesus volg. Jy het seker al mense ontmoet wat beweer dat hulle Jesus volg, maar hulle lewe stem nie daarmee ooreen nie. Dit gebeur baie. Hoe kry ons dit dan reg? 


Die Bybel is die sleutel. Ek is seker jy het agtergekom dat hierdie reis op die Bybel gegrond is. Die Bybel is wonderlik. Epiese verhale, besondere helde, diepe wysheid en kragtige riglyne vir die lewe. Daar is so baie daarin. En die Bybel hou ons standvastig. Dit gee ons 'n anker van waarheid, in 'n deurmekaar wêreld. Daar is baie leuens in die wêreld — selfs leuens oor Jesus — en die Bybel help ons om in waarheid te wandel en die regte Jesus te volg.


Kom ons kom tot die punt. Ons het opgehou in Kolossense 1, met 'n kragtige herinnering aan wie Jesus is. Kom ons begin by vers 19:


"God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon en om deur Hom alles met Homself te versoen."

Dis kragtig. Die volheid van God is in Jesus. En deur Jesus is ons versoen.Versoen verwys na 'n verkeerde verhouding wat reggestel is. Ons maak vrede met God 

"... deur sy bloed wat aan die kruis gestort is."(Kolossense 1:20)

Jesus het ons in die regte verhouding met God gebring en Paulus wil hê dat ons reg moetbly met God. Hy moedig ons dus aan om ... 


"sterk te bly staan in die geloof en ons nie te laat losruk van die hoop wat in ons gewek is deur die evangelie wat ons gehoor het nie."(Kolossense1:23)

Hoekom het Paulus dit gesê? Omdat die kerk in Kolosse gebombardeer was met vals leringe oor Jesus. Bedrieërs het die kerk binnegedring. Paulus het dus aan die kerk geskryf sodat hulle standvastig kon bly; in die waarheid gegrond. In vers 25 sê hy: 


"Dit was God se plan dat ek vir die kerk moet werk. Hy het vir my die werk gegee om vir julle alles te sê wat Hy vir julle wil sê."

God het Paulus opdrag gegee om die kerk te dien deur vir hulle die volle Woord van God te leer. Dit beteken, die hele Bybel. Dikwels kwoteer die vals leraars gedeeltes van die Bybel; 'n vers hier en 'n vers daar, en verdraai dit dan uit konteks uit. Jy moet self die Bybel lees en dan sal dit jou in die waarheid en weg van leuens af hou. 


As jy egter sukkel om die Bybel te verstaan, gaan na goeie leraars toe. God het leraars daar gestel om dit aan jou te verduidelik en te help toepas in jou lewe. Die leraar moet egter nooit die Bybel vervang nie — hy moet jou net help om dit te verstaan. 


Terug na Kolossense; die vals leraars sê dat die Bybel vol geheimenisse is wat jy nie kan verstaan nie. Paulus sê egter dat God hierdie geheimenisse bekend gemaak het — Hy het dit aan ons bekend gemaak. In vers 27 lees ons dat daardie geheimenis 


"... Christus in julle is, Hy is julle hoop op die heerlikheid."

Dit is die ware geheim. Die Bybel gaan oor Jesus. Die geheim om vir God te lewe is "Christus in jou." Hy lei ons van binne-af, deur die krag van die Heilige Gees. Dit gaan alles oor Jesus. Paulus sê dus in vers 28 


"Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring."

Lering is belangrik, want dit help ons om die Bybel te verstaan. Goeie Bybellering verkondig Jesus. Jy weet dis goeie lering as dit op Jesus fokus en die grondslag die Woord is.


Dan, in hoofstuk 2, verduidelik Paulus die doel van lering: 


"My doel daarmee is dat hulle bemoedig moet word. Hulle moet met liefde aan mekaar verbind wees en saam strewe na diep en volledige insig, sodat hulle God se geheimenis kan ken. Die geheimenis is Christus."

Paulus wil hê dat jy die Bybel moet verstaan, want as jy dit verstaan, leer jy Jesus ken. Die Bybel is vol wysheid en kennis, maar vers 3 herinner ons dat "al die skatte van wysheid en kennis" in Jesus te vinde is.


Hoe bly ons egter op die regte pad? Hoe maak ons seker dat ons die regte Jesus volg? Lees die Bybel en luister na goeie Bybelse lering. 


Daar is net 'n paar noodsaaklike gewoontes nodig om Jesus te volg. Die eerste is 'n gesonde Bybelgewoonte. Om die Bybel te lees is nie 'n oop deur na die hemel toe nie, dit is ook nie 'n rede waarom Hy jou meer lief sal hê nie. Hy het jou alreeds volkome lief. Dit sal jou egter nader aan daardie liefde bring en jou help om dit te verstaan en daarin te wandel. Dis nie voorskriftelik nie, dis 'n gewoonte. Onthou dat die Woord van God 'n saad is — dit plant lewe in jou hart. Plant dus elke dag sade!


Nou hoe begin ons met hierdie Bybelgewoonte? As jy hierdie leesplan volg, doen jy dit alreeds! Maak elke dag tyd om die Bybel te lees en te bid. En lees dan natuurlik nou Kolossense en ek ontmoet jou weer hier in hoofstuk 2. 


Sien jy? 'n Gewoonte het begin. Dit was maklik.


Vir Oordenking en Bespreking



  • Watter rol speel gewoontes in jou lewe? Wat sien jy as noodsaaklike gewoontes as jy Jesus wil volg? 


  • Die skrywer sê: "Die Bybel laat ons in waarheid wandel en die regte Jesus volg." Hoe dink jy doen Bybellees dit?

  • Wat is jou ondervinding van Bybellees? Deel jou verhaal.
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Start Here | First Steps With Jesus

As jy onlangs tot bekering gekom het, nie die Bybel ken nie, of 'n vriend help — Begin Hier. Vir die volgende 15 dae sal hierdie 5-minute klankgidse jou stap-vir-stap deur twee fundamentele Bybelboeke neem: Markus en Kol...

More

Ons sê baie dankie aan "Through The Word" wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief http://throughtheword.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid