Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 332 VAN 365

God sê: "Geniet die lewe"

Jy mag dalk tans baie spanning ervaar as gevolg van die ekonomie, maar God wil hê jy moet die lewe geniet.

As 'n Christen kan jy die lewe geniet omdat jou gewete skoon is. Jy kan die lewe geniet, want jy is veilig in die liefde van God. In die kerk kan jy lag en plesier hê. Jy kan vriende geniet sonder om gemanipuleer te word — omdat hulle leer om soos Jesus te wees en dit beteken hulle leer om die belange van ander op die hart te dra.

Ongelukkig is daar baie mense wat God nie in hul lewens wil toelaat nie, want hulle is bang God sal van hulle verwag om al hulle plesier prys te gee. Hulle dink om 'n Christen te word, is dieselfde as om te sê alle plesier is nou verby, want geestelikheid is gelyk aan ellende.

Mense is in 'n dolle gejaag na plesier, maar dit beteken egter hulle lewe onder die wet van dalende opbrengste. Hulle spandeer al hoe meer geld, tyd en energie en kry al hoe minder opwinding. Hulle vra: "Het ons nog pret?"

Die waarheid is dat God "... alles ryklik aan ons gee om te geniet" (1 Timoteus 6:17b).

God wil hê jy moet die lewe geniet!

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com