Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Maak helende keuses
Die Bybel leer ons dat ons ergste stryd in die lewe met God is, omdat ons in beheer wil wees. Ons wil God wees.
Dit was Jakob se probleem: hy het daarop aangedring om in beheer van sy lewe te wees, tot so 'n mate dat hy die eersgeborene se reg wou opeis! Een nag het hy selfs probeer om met God te stoei. Sommige mense wil debatteer oor met wie Jakob nou eintlik gestoei het, maar die Bybel sê in Hosea: "Nog voor sy geboorte het hy al sy broer onderkruip en as volwasse man het hy met God gestoei" (Hosea 12:4).
Dink na oor die probleem wat jy nou ervaar. Wat die probleem ook al is, ek vermoed dat dit op een van twee dinge neerkom. Sal jy God vertrou en gehoorsaam? Sal jy God nie vertrou nie en eerder ongehoorsaam wees?
Of die probleem nou finansieel, fisiek, verhoudinge, sosiaal of werksverwant is, jou grootste probleem is nie wat jy dink dit is nie. Die eintlike probleem is dat jy God nie vertrou en gehoorsaam nie. Dit maak die probleem soveel erger.
Was jy al ooit in 'n situasie waar jy nie kon wen nie? Dalk is jy nou in een. Wie dink jy is die oorsaak daarvan? God is! God dryf jou in 'n hoek. Hoekom? Want God laat dikwels krisisse in ons lewens toe sodat Hy ons aandag kan kry. Ewe skielik is ons platgeslaan en al wat ons kan doen, is om hemelwaarts te kyk.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More