Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 235 VAN 365

God se voorsiening: behou jou integriteit

God belowe om in al jou finansiële behoeftes te voorsien, mits jy (1) Hom om hulp vra, (2) leer om tevrede te wees met wat jy het, (3) in geloof gee en (4) jou integriteit behou.

God seën nie oneerlikheid nie. Spreuke 16:11 sê: "Die norme vir die regspraak kom van die Here af; Hy bepaal die maatstawwe."

Jy moet eerlik wees as jy God se seën oor jou finansies wil hê. Jy kan mense nie besteel nie. Wins wat oneerlik bekom is, sal altyd moeilikheid bring. Altyd.

"Dit is die seën van die Here wat rykdom bring; jou geswoeg laat dit nie meer word nie" (Spreuke 10:22). Het jy al ooit iemand geken wat geld gemaak het, maar dit het altyd net op moeilikheid uitgeloop? Jy sal altyd maai wat jy saai. As jy teenoor ander oneerlik is, sal dit na jou toe terugkom. As jy dink jy het daarmee weggekom, moet jy onthou dat die toekoms nog voorlê. Jy kan God nie bespot en daarmee wegkom nie.

Wees eerlik. Wees eerlik met jou finansies: "Dit is die seën van die Here wat rykdom bring; jou geswoeg laat dit nie meer word nie" (Spreuke 10:22).

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com