Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 234 VAN 365

God se voorsiening: getroue gewer

Die beginsel van saai en oes is 'n universele wet. Wanneer ek vrygewig saai sal ek daarby baat, want ek sal ruim oes.

Elke boer weet dit. 'n Boer het vier sakke saad in sy skuur en dan kyk hy na sy leë veld. Hy kla nie daaroor en sê: "Daar is geen oes nie! Ek wens daar was 'n oes!" nie. Hy gaan bloot uit en begin om die sade te plant. Wanneer jy 'n behoefte het, plant 'n saad.

Dit klink nogal onlogies dat ek moet gee wanneer ek 'n behoefte het.

Waarom het God dit so bewerkstellig? Omdat God 'n gewer is. Hy is die vrygewigste Gewer in die heelal, en God wil hê jy moet leer om soos Hy te wees. Hy wil karakter in jou bou.

Die Bybel sê: "Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes" (Spreuke 3:9). Dit is die beginsel van tiendes. Dit is die beginsel wat sê, elke keer wanneer ek R100 verdien sal die eerste R10 na God toe gaan.

Om 'n tiende te gee, is 'n daad van aanbidding. Ons gee aan God. Ons sê: "Alles kom in elk geval van U af." God sê: "Stel my eerste in jou lewe en kyk wat Ek gaan doen." Jy mag dalk dink jy kan dit nie bekostig om jou tiende te gee nie, maar die werklikheid is, jy kan nie bekostig om dit nié te doen nie.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com