Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

strong>Tevrede met God se voorsiening
"Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie" (1 Timoteus 6:6-7).
God belowe om in al ons finansiële behoeftes te voorsien, as jy (1) Hom vra vir hulp en (2) leer om tevrede te wees.
As jy al ooit gesien het hoe 'n baba gebore word, weet jy dat hulle met niks behalwe 'n naelstring die lewe inkom nie, en dit word ook vinnig afgesny.
By jou begrafnis, vat jy niks saam met jou nie. Die Bybel leer ons dat ons moet leer om tevrede te wees.
Wat beteken dit om tevrede te wees? Dit beteken dat my geluk nie afhanklik is van my omstandighede nie. Die meeste mense word vasgevang in "wanneer" denke: "Wanneer ek die regte werk kry ... Wanneer ek kan aftree ... Wanneer ek die huis afbetaal het ... Wanneer al my skuld klaar betaal is ... dan sal ek gelukkig wees!"
God sê: "Nee, wanneer jy daar kom, sal jy altyd iets anders ook wil hê." As jy nie leer om tevrede te wees met wat jy het nie, gaan jy nooit gelukkig wees nie. Jy sal altyd meer wil hê.
"As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees" (1 Timoteus 6:8).
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More