Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Wat om van God te verwag
Wat kan ek van my hemelse Vader verwag? Ons leer uit die Bybel dat God onbeperkte hulpmiddels, onbeperkte energie, onbeperkte kennis, onbeperkte tyd het. Hy kan in al ons behoeftes voorsien: "En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus" (Filippense 4:19).
Die Ons Vader-gebed in Matteus 6, gee ons 'n voorbeeld hiervan. Dit verklaar dat God die Vader, voorsien in drie dinge:
Voorsiening vir vandag — "Gee ons vandag ons daaglikse brood." Vergifnis vir gister — "en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree." Beskerming vir môre — "en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose."
God sê: "Ek is reg vir enige gebeurlikheid: hede, toekoms en verlede. Jou verlede? Daar het jy verbrou. Toemaar, alles is reg, dis vergewe. Jou hede? Ek sal voorsien. Jou toekoms? Moenie bekommerd wees nie. Moenie vrees nie.
Ek sal gister se mislukkings hanteer, vandag se frustrasies en môre se vrese omdat ek 'n bekwame Vader is."
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More