Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 228 VAN 365

God Is 'n bekwame Vader

God kan enige situasie wat jy vir Hom gee, hanteer. Geen probleem is te moeilik vir Hom nie. Niks is buite sy vermoë nie. Die eerste ding wat jy moet doen, is om dit na Hom te bring.

Wat is die keuses waarmee jy hierdie week worstel? Wat is die berg wat moet skuif? Kanker? Bankrotskap? Probleme waardeur jou kinders gaan? Sukkel jy om slegte gewoontes te breek? "Niks is vir God onmoontlik nie."

In Jeremia 32:27 sê God: "Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?" Dis amper asof God sê: "Ek daag jou uit. Probeer aan iets dink wat Ek nie kan oplos nie. Is iets vir My onmoontlik?"

Die meeste van ons het grootgeword met die woorde: "My pappa kan enigiets doen! My pappa is sterker as jou pappa!" Ek het waarlik so gedink. Soos ek ouer geword het, het my oë oop gegaan. Ek het besef dat wanneer dit by my sakgeld kom, het my pa perke gehad. Wat raadgee betref, het hy ook partykeer net geraai. My raaiskoot was so goed soos syne, want hy is 'n onvolmaakte vader.

Tog sê Efesiërs 3:20: "Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink."

Ek het nogal 'n lewendige verbeelding. Ek kan lekker groot drome droom. Ek kan baie hoë doelwitte stel. God sê: "My kind, droom jou grootste drome wat jy dink Ek in jou lewe kan doen, en Ek sal oneindig meer as dit kan doen. Oneindig meer."

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com