Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Liefde is altyd 'n reaksie op liefde
God is besorg oor elke aspek van jou lewe.
'n Tyd gelede was daar 'n man in my kantoor wat vir my gesê het: "Ek is 'n Christen, maar ek voel nie of ek êrens heen op pad is in my Christelike lewe nie. Dis asof ek in neutraal vassit."
Ek het hom gevra: "Wat dink jy is die probleem?"
Hy het gesê: "Ek dink my probleem is dat ek God nie lief genoeg het nie."
My antwoord was: "Dis nie jou probleem nie. Jou probleem is nie dat jy God nie lief genoeg het nie. Jou probleem is dat jy nie verstaan hoe lief God jou het nie."
Liefde is altyd 'n reaksie op liefde. Die Bybel sê: "Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het" (1 Johannes 4:19). Wanneer jy sê: "Ek het God nie lief nie," is dit omdat jy nie werklik verstaan hoe lief Hy jou het nie. God is 'n barmhartige Vader wat omgee vir jou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More