Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 227 VAN 365

Om Mense Op te Bou, Vereis Onselfsugtigheid

Ek wil vir jou 'n doelwit stel — wees iemand wat mense vir die res van jou lewe opbou. Begin deur een persoon wat jy wil opbou se naam neer te skryf, raak dan stil en bid.

Vra God om die persoon se sterkpunte vir jou uit te wys. Ons bou altyd voort op ons sterkpunte, nie ons swakhede nie. Skryf alle sterkpunte neer wat jy in die verlede al in die persoon raakgesien het.

Sê dan vir die persoon: "Ek het aan jou gedink, want ek gee baie om vir jou. Ek wil graag die sterkpunte in jou lewe — vanuit my oogpunt — met jou deel, want ons sterkpunte bepaal wat God wil hê ons met ons lewens moet doen."

Dink aan die impak wat jy kan maak as jy jouself verbind om iemand te wees wat mense opbou; as jy vasberade is om die beste in die mense wat jy ken na vore te bring, en mense te help om te groei tot wie God hulle gemaak het om te wees.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com