Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Jesus Gee Eerlike Raad
Jesus wys ons dat ware vriende genoeg omgee om mekaar soms te konfronteer. Hulle vertel jou die waarheid, al maak dit seer. Hulle sal nie stilbly terwyl jy verbrou nie.
Ek het ondervind dat dit kragtig is om mense op 'n liefdevolle wyse te korrigeer. Dit bou mense op wanneer jy dit reg doen. Die verskil tussen die regte en verkeerde manier, is jou houding.
As jy net foute uitwys, hou liewer op. Die doel is om te korrigeer, nie om te veroordeel nie. Vra jouself af: "Wat is my motief? Wil ek die persoon korrigeer ter wille van myself of ten voordeel van die ander persoon?"
Baie kere wil ons mense korrigeer net omdat hulle veragtelik is en ons irriteer. Ons dink: "As hy nie so veragtelik was nie, sou my lewe makliker gewees het."
Dit is die verkeerde motivering.
Volg eerder Efesiërs 4:15 wat sê: "ons sal in liefde by die waarheid bly." Die sleutel tot gepaste korreksie is dus om eers waardering aan die persoon te wys en dan te korrigeer.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More