Leesplan inligting

Vind VredeVoorbeeld

Finding Peace

DAG 4 VAN 17

Vyf Noodsaaklike Geloofsoortuigings Vir 'n Hart Vol Vrede



As jy 'n Christen is, is God alleen in beheer van jou lewe. Hy is jou sekuriteit. Van alle tye af, het Hy nog nooit vir een breukdeel van 'n sekonde beheer oor sy skepping verloor nie. Hy't nie een greintjie van sy krag of mag verloor nie. Hy is vandag steeds so almagtig, alwetend, alomteenwoordig en liefdevol soos Hy met die skepping van die mens was. 



Alhoewel ons nie altyd sy doelwitte verstaan nie, lei begrip vir God se manier van dinge doen, ons om te glo dat sy optrede ewige seëninge vir sy kinders inhou. Oor die jare heen het ek vyf noodsaaklike geloofsoortuigings vir 'n vredevolle hart ontdek. Ek daag jou uit om dit wat jy aangaande God glo, in diepte te ondersoek. Jou vrede word bepaal deur die mate wat hierdie waarhede in jou siel ingeprent is.



Geloofsoortuiging 1: God is absoluut oppermagtig.

Om die waarheid te erken en te aanvaar dat God alleenheersend is, is belangrik vir jou innerlike vrede. Dit beteken dat niks wat aan jou verwant is, buite sig van God se waaksame oog en liefdevolle versorging val nie (Kolossense 1:17).

Geloofsoortuiging 2: God is ons voorsiener.

Van Genesis tot Openbaring, het die Bybel 'n duidelike boodskap dat God die Een is wat in al ons behoeftes voorsien. Geen nood of behoefte is te groot, problematies of te moeilik vir Jesus om in te voorsien nie. Die Bybel sê vir ons: "Wie Hom dien, het geen gebrek nie" (Psalm 34:10).

Geloofsoortuiging 3: God het jou op 'n sekere manier gemaak, vir 'n doel.

Daar is baie dinge in jou lewe waaroor jy geen beheer het nie. Aanvaar daardie dinge as deel van die manier waarop God jou geskape het. Jou ras, kultuur, taal, nasionaliteit, geslag en baie ander kenmerke van jou fisieke wese, is God se "keuses." Hy gee jou ook talente, aanlegte, intelligensie, 'n persoonlikheid en geestelike gawes wat jou as 'n geheel, in 'n unieke persoon op hierdie aarde vorm, sodat jy God se plan vir jou lewe kan vervul (Psalm 139:13-16).

Geloofsoortuiging 4: God het 'n plek waar jy waarlik kan behoort.

God het jou geskape om in 'n verhouding met Hom en andere te wees. Jy kan op God vertrou om jou te help om 'n sterk gevoel te kry dat jy aan Hom behoort en dat Hy vir jou 'n "familie" van medegelowiges voorsien aan wie jy kan behoort. Daarom moet jy uitreik na andere, soos jy in Hom groei (1 Petrus 2:9).

Geloofsoortuiging 5: God het 'n plan vir jou om te vervul.

Om ware innerlike vrede te hê, moet 'n persoon weet dat hy of sy bevoeg is, in staat is, bekwaam is en vaardig in iets is. Daar is 'n wonderlike gevoel van vrede wat oor jou kom wanneer jy weet dat jy in staat is om te presteer of om goeie werk te lewer (Efesiërs 2:10).

Wanneer jy hierdie vyf noodsaaklike geloofsoortuigings in die kern van jou wese aanvaar, en vertrou dat God in jou en ook namens jou werk, sal jy waarlik innerlike vrede hê.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Finding Peace

Soek jy meer vrede in jou lewe? Is rustigheid iets waarna jy streef en nie net 'n wens nie? Jy kan ware vrede net op een plek kry — by God. Dr. Charles Stanley wys vir jou in hierdie leesplan hoe om lewensveranderende ge...

More

Baie dankie aan "In Touch Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://intouch.cc/peace-yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid